hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 40 Bybel vir Almal (ABA)

Die Here praat weer met Job

1. Toe het die Here weer met Job gepraat. Die Here was in ’n stormwind en Hy het gesê:

2. “Job, jy moet gereedmaak,jy moenie bang wees nie.Ek sal vra, en jy moet my antwoord.

3. Wil jy regtig sê dat Ek verkeerd is,wil jy sê dat Ek skuldig is en dat jy onskuldig is?

4. Is jy so sterk soos God?Kan jy soos God die donderweerlaat raas en dreun?

5. As jy dit kan doen,wys dan dat jy ook ’n koning is,dat jy sterk is en dat almaljou moet respekteer.

6. Wys hoe kwaad jy is,kyk na elke mens wat hoogmoedig is,en verneder hom.

7. Kyk na elke mens wat hoogmoedig is,en verneder hom, trap die menswat verkeerd doen, plat,trap hom daar waar hy staan.

8. Begrawe hulle in die grond,sluit hulle toe in die doderyk.

9. As jy dit kan doen, dan sal Ek jou prys,want dan het jy gewen.”

Die seekoei

10. “Maar kyk ook na die seekoei.Toe Ek jou gemaak het,het Ek ook die seekoei gemaak.Hy vreet gras soos ’n bees.

11. Hy is ’n sterk dier,sy liggaam is vol spiere.

12. Hy hou sy stert so reguitsoos ’n sederboom,en hy het sterk spiere in sy bene.

13. Die bene in sy lyf is so sterksoos waterpype van brons,so sterk soos stukke yster.

14. Hy is die belangrikste dier,God het hom gemaak,en net God kan hom oorwin.

15. Hy kry sy kos in die bergewaar al die wilde diere speel.

16. Hy lê onder die waterplante,hy kruip weg tussen die riete in die vlei.

17. Die waterplante maak hom toe,hulle skaduwee beskerm hom,en rondom staan die populierbomewat in die valleie groei.

18. Wanneer die rivier vol word,dan skrik hy nie,hy staan stil as die Jordaan-rivierse water teen sy bek vloei.

19. Niemand kan sy oë toedruken hom aan sy neus vang nie.”

Die krokodil

20. God het vir Job gesê:“Kan jy ’n krokodil uit die water trekmet ’n hoek,en kan jy sy bek toebind met ’n tou?

21. Kan jy ’n tou van biesiesdeur sy neus steek en kan jy ’n hoekvasmaak aan sy kakebeen?

22. Sal hy aanhou om mooi te vradat jy hom moet los,sal hy aanhou soebat?

23. Sal hy ’n ooreenkoms maak met jousodat hy altyd jou slaaf sal wees?

24. Kan jy met hom speel soosmet ’n voëltjie?Kan jy hom vasbind en hom wysvir jou slavinne?

25. Kan mense hom vang en verkoopen in stukke sny vir die handelaars?

26. Kan hulle spiese deur sy vel gooien ’n ysterhaak aan sy kop sit?

27. As jy een maal aan hom geraak het,dan sal jy dit nie weer probeer doen nie,jy sal daardie oorlog onthou.

28. Jy moet dit weet, jy sal nie kan wen nie,jy sal val wanneer jy net kyk na hom.