hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 36 Bybel vir Almal (ABA)

Elihu praat die vierde maal

1. Elihu het nóg gepraat. Hy het gesê:

2. “Job, jy moet nog ’n bietjie wag,ek wil nóg met jou praat,ek wil nóg dinge sê oor God.

3. Ek sal vir jou wys hoe baie ek weet,ek wil wys dat God regverdig is,God wat my gemaak het.

4. Jy kan glo wat ek sê,ek praat net die waarheid.

5. Jy moet onthou, God is sterk,Hy dink nie dat party menseminder belangrik is nie.Hy het baie krag en wysheid.

6. Hy laat nie die mense aanhou lewewat verkeerd doen nie.Hy doen reg aan die mensewat hulleself nie kan help nie.

7. Hy beskerm altyd die mense wat reg doen,Hy laat hulle vir altyd soos koningsop trone sit,hulle word belangrike mense.

8. As hulle gevangenes in kettings worden baie swaar kry,

9. dan is dit omdat God vir hulle laat voeldat hulle verkeerd gedoen hettoe hulle hoogmoedig geword het.

10. Hy maak hulle gehoorsaamaan alles wat Hy vir hulle wil leer,Hy sê vir hulle dat hulle moet ophouom verkeerde dinge te doen.

11. As hulle luister en Hom dien,dan gaan dit goed,hulle is gelukkig,hulle hele lewe lank.

12. As hulle nie luister nie, dan sterf hulle,hulle sterf omdat hulle nie wou weetwat hulle moet doen nie.

13. God word nog meer kwaad vir mensewat nie vir Hom wil dien nie,vir mense wat nie tot Hom bidwanneer hulle gevangenes word nie.

14. Hierdie mense sterf gou,want hulle doen slegte dinge.

15. God laat mense swaarkrysodat Hy hulle kan red.Hy laat dit sleg gaan met hullesodat hulle gehoorsaam kan word.

16. Job, God sal jou help,jy sal nie meer swaarkry nie,dit sal weer baie goed gaan met jou,daar sal weer lekker kos op jou tafel wees.

17. Maar God straf jou swaar soos Hymense moet straf wat verkeerd doen,en jy moet tevrede wees wanneer Hyjou straf.

18. Jy is kwaad, maar jy moeniedaarom kies om verkeerd te doen nie.Jy moenie verkeerde dinge doenwanneer jy omkoopgeld kry nie.

19. Dit sal nie help om te skreewanneer dit sleg gaan met jouen jy vra dat iemand jou moet help nie.Dit sal nie help as jy sterk is nie.

20. Jy moenie verlang na die donker,na die tyd wanneer God mensewegneem nie.

21. Jy moet oppas en jy moenie weersonde doen nie,want jy het gekies om sonde te doen,dit was vir jou beter as om swaar te kry.

22. Onthou, God is sterk, Hy regeer.Niemand kan vir mense leersoos Hy dit doen nie.

23. Niemand kan vir Hom sêwat Hy moet doen nie,niemand kan vir Hom sêdat Hy verkeerd doen nie.

24. Jy moenie vergeet om die dingewat Hy doen, te prys nie.Mense het altyd gesingoor die dinge wat Hy doen.

25. Al die mense sien wat Hy doen,maar hulle sien dit nie naby hulle nie.

26. Onthou, God is groot,ons kan nie weet hoe groot Hy is nie,ons kan nie weet hoe oud Hy is nie.

27. Hy trek die druppels water open Hy verander die druppels in reën.

28. Die wolke laat dit reën,die reën val op al die baie mense.

29. Niemand verstaan hoe die wolkebymekaarkom, en hoe die donderweerraas en dreun daar waar God woon nie.

30. God laat die weerlig oral slaan,maar Hy laat die see donker bly.

31. Hy regeer, Hy gee die reën,en almal het kos om te eet,meer as genoeg kos.

32. Hy vat die weerlig in sy handen Hy stuur dit waar dit moet wees.

33. Die beeste hoor ook hoedie donderweer raas en dreun,en hulle wys dat daar ’n storm kom.