hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 30 Bybel vir Almal (ABA)

Job sê niemand respekteer die mense wat nou vir hom lag nie

1. Job het gesê:“Maar nou?Mense lag vir my,mense wat jonger is as ek,mense wie se pa’s ek nie laat sit hetby die honde wat my skape opgepas het nie,

2. want hulle kon niks doen vir my nie,hulle was te swak om vir my te werk.

3. Daardie mense is so maer en hongerdat hulle alles eet wat hulle kan kryin die droë, wilde woestyn.

4. Hulle pluk soutbos en die blare van bossies,hulle grawe die wortels van besembos uitom vuur te maak.

5. Mense jaag hulle weg en skree vir hullesoos hulle vir ’n dief skree.

6. Hulle moet woon in die walle van riviere,in gate in die grond, tussen rotse.

7. ’n Mens hoor dat hulle skree van honger,soos wildedonkies tussen die bossies,hulle sit styf teen mekaar onder die doringbosse.

8. Hulle het min verstand,niemand respekteer hulle nie,mense slaan hulle en jaag hulle weg.”

Job sê dat mense hom spot en aanval

9. “En nou spot hulle myen hulle maak grappe oor my.

10. Hulle wil nie naby my kom nie,hulle bly ver weg, en as hulle by my kom,dan spoeg hulle in my gesig.

11. God het my gemaak soos’n boogskutter met ’n stukkende boog,Hy het my verneder,mense wat my sien,wys dat hulle my nie meer respekteer nie.

12. Mense val my aanen hulle jaag my,hulle wil my doodmaak.

13. Hulle keer wanneer ekwil weghardloop.Niemand help hulle nie,maar dit is vir hulle lekkerom my naby die dood te bring.

14. Hulle hardloop na my toesoos soldate wat deurdie stukkende muurvan ’n stad hardloop,hulle kom vinnig na my toedeur die hope klippe.

15. Ek is ’n bang mens,niemand respekteer my nie,ek kan nie meer hoopdat dit beter sal gaan nie.”

Job sê God val hom aan

16. “En nou is my lewe amper verby,ek kry elke dag baie swaar.

17. Elke nag is alles in my seer,die pyn hou nooit op nie.

18. God gryp my kleremet sy groot krag,Hy gryp my aan die kraagvan my rok

19. en Hy gooi my in die modder,ek het geword soos stof en as.

20. O God, ek het geroep na Uen ek het gevra dat U my moet help,maar U het my nie geantwoord nie.Ek staan hier, maar U kyk net na my,U doen niks.

21. U het wreed geword teen my,U jaag my met u sterk hand.

22. U tel my op en U gooi myvir die wind,U gee my vir die stormwindom my heen en weer te ruk.

23. Ja, ek weet dat U myna die dood wil bring,na die plek waarnatoealmal moet gaan.

24. Maar ek het mense altyd gehelpwanneer hulle swaarkry en skreeen vra dat iemand hulle moet help.

25. Ek het gehuil saam met die mensewat ’n moeilike lewe gehad het,ek was altyd jammer vir arm mense.

26. Ek het toe gedinkdat dit goed sal gaan met my,maar dit het sleg gegaan,ek het gedink dat die ligsal skyn oor my,maar die donker het gekom.”

Job vra dat iemand hom moet help, maar niemand doen dit nie

27. “Alles in my kook,dit word nie stil nie,dit gaan elke dag slegter.

28. Ek lewe elke dag in die donker,die son skyn nie op my nie.Ek staan in die volksvergaderingen ek vra dat iemand my moet help.

29. Ek huil saam met die jakkalse,ek is so alleen soos die volstruise.

30. My vel het swart geword,die bene in my is warm van die koors.

31. As ek op my lier speel,dan doen ek dit om ’n klaaglied te sing,as ek die fluit blaas,dan huil ek saam met die fluit.”