hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 2 Bybel vir Almal (ABA)

Hanna prys die Here

1. Hanna het gebid en gesê:“Ek is vrolik, want die Hereis by my.Ek is sterk, want die Hereis by my.Ek lag vir my vyande,want U het my gered,en ek is bly.

2. Daar is nie ’n ander heilige Godsoos die Here nie,net U is God, daar is nie’n ander God nie.Daar is nie ’n ander Rotssoos ons God nie.

3. Julle moenie aanhou spog nie,julle moenie teen die Herepraat nie,want die Here weet allesen Hy toets alleswat ’n mens doen.

4. Die pyl en boogvan mense wat oorlog maak,is stukkend,maar die mense wat geval het,staan weer op en hulle is sterk.

5. Mense wat altyd meer kosgehad het as wat hullekon eet,moet nou werk om ’n stukkiekos te kry.Maar mense wat altydhonger was,het nou genoeg om te eet.’n Vrou wat nie kinderskon kry nie,het nou sewe kinders,en ’n vrou wat baie kindersgehad het,het nou niks kinders nie.

6. Die Here maak dooden Hy laat mense weer lewe,Hy laat mense afgaanna die doderyken Hy laat mense opkomuit die doderyk.

7. Die Here maak mense armen Hy maak mense ryk,Hy laat mense valen Hy tel mense op.

8. Hy laat arm mense opstaanuit die stof,Hy tel hulle op uit die ashoop.Hy laat hulle by die belangrikemense sit,Hy gee vir hulle die belangriksteplek om te sit.Die pilare van die aardebehoort aan die Here,Hy het die aarde opdie pilare gesit.

9. Die Here lei sy dienaarsop hulle pad,maar die slegte mense sal indie donker kom en sterf.Hulle eie krag sal hulle nie helpom te wen nie.

10. Die mense wat sêdie Here is verkeerd,sal sterf.Die Here laat donderweeruit die lug oor hulle blits.Die Here sal al die menseop die aarde oordeel,en Hy sal sy koningwat Hy gesalf het,sterk maak.”

11. Elkana het teruggegaan na sy huis in Rama, maar sy seun Samuel het by die priester Eli gebly om vir die Here te werk.

Die seuns van Eli

12. Die seuns van Eli was slegte mense. Hulle het nie gelewe soos die Here wou hê nie.

13. Al die mense wat kom offer het, het altyd ook vir die priesters vleis gegee. Wanneer iemand klaar ’n ete-offer gebring het, dan het hy die vleis gaargemaak. Dan het die priester se slaaf gekom en hy het ’n drietand-vurk in sy hand gehad.

14. Die slaaf het dan die vurk in die pot of die bak of die pan of die skottel gesteek. Alles wat aan die vurk vasgesit het, kon die priester vir homself vat. Die priesters het dit gedoen met al die Israeliete wat daar in Silo gekom het.

15. Maar die priester se slaaf het partymaal gekom voordat die priesters die vet op die altaar aan die brand gesteek het. Die slaaf het dan vir die man gesê: “Jy moet vleis gee vir die priester om te braai. Hy wil nie gaar vleis hê nie, hy wil rou vleis hê.”

16. En as die man dan vir die slaaf sê: “Wag ’n bietjie, hulle moet eers die vet aan die brand steek, daarna kan jy vat wat jy wil hê,” dan sê die slaaf vir hom: “Nee, jy moet dit nóú gee. As jy dit nie doen nie, dan sal ek dit self vat.”

17. Die Here het gesien dat die seuns van Eli ’n baie groot sonde doen, want hulle het gemaak of die offer van die Here nie belangrik is nie.

18. Samuel het in die tempel gewerk en hy het ’n linne-skouer-kleed gedra.

19. Sy ma het elke jaar ’n klein oorkleed vir hom gemaak en sy het dit vir hom gebring wanneer sy saam met haar man kom offer het.

20. Eli het Elkana en sy vrou geseën en gesê: “Jy en jou vrou het hierdie kind vir die Here geleen. Ek bid dat die Here vir julle nog kinders sal gee in sy plek.”Daarna het Elkana en sy huisgesin teruggegaan na sy huis.

21. En die Here was toe baie goed vir Hanna. Sy het weer swanger geword en sy het nog drie seuns en twee dogters gekry. Maar die seun Samuel het in die tempel grootgeword.

22. Eli was baie oud. Hy het gehoor wat sy seuns alles gedoen het aan al die Israeliete, en ook dat hulle seks gehad het met die vroue wat gewerk het by die deur van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het.

23. Eli het vir sy seuns gesê: “Hoekom doen julle hierdie dinge? Ek hoor dat al hierdie mense sleg praat oor julle.

24. Nee, my seuns, ek hoor wat die volk van die Here oor julle sê, en dit is nie goeie dinge nie.

25. Wanneer ’n mens sonde doen teen ’n ander mens, dan kan die regters oordeel, maar wanneer ’n mens sonde doen teen God, wie moet dan oordeel?”Maar die seuns van Eli het nie geluister na hulle pa nie, want die Here wou hulle laat sterf.

26. Die seun Samuel het grootgeword, en die Here en die mense het gehou van Samuel.

Die Here stuur ’n boodskap vir Eli

27. ’n Man van God het na Eli toe gekom en vir hom gesê: “Die Here sê: Ek het vir jou voorvader se familie duidelik gewys wie Ek is. Dit was toe hulle in Egipte by die farao se huis was.

28. Ek het jou voorvader gekies uit al die Israeliete om my priester te wees. Ek het hom gekies om by my altaar te kom om die wierook-offer aan die brand te steek, en om die skouer-kleed te dra. Ek het vir sy familie al die vuur-offers gegee wat die Israeliete gebring het.

29. Hoekom maak jy nou of my offers en my presente nie belangrik is nie? Ek het gesê die Israeliete moet daardie offers en presente vir My bring. Hoekom respekteer jy jou seuns meer as vir My? Jy maak hulle vet met die beste van al die presente wat my volk Israel vir Mý bring.

30. “Omdat jy dit doen, sê Ek, die Here, die God van Israel: Ek het duidelik gesê jou nageslag en jou familie sal My altyd in die tempel dien, maar nou sê Ek dit sal nie meer so wees nie. Ek sal die mense eer wat My eer en Ek sal die mense verneder wat maak of Ek nie belangrik is nie.

31. Daar sal ’n dag kom wanneer jy en jou familie nie meer priesters sal wees nie, en niemand uit jou familie sal ’n leier wees nie.

32. Jy sal sien dat dit sleg gaan in hierdie tempel. Ek sal baie goeie dinge laat gebeur met die Israeliete, maar daar sal nooit weer ’n leier uit jou familie kom nie.

33. Wanneer jy nie meer goed kan sien nie en swak geword het, dan sal Ek net een persoon laat oorbly by my altaar. Die meeste mans in jou familie sal sterf voordat hulle oud geword het.

34. Jy sal sien dat dit gebeur. Jou twee seuns Hofni en Pinehas sal altwee op een dag sterf.

35. Maar dan sal Ek vir My ’n priester kies en aanstel, en hy sal wees soos Ek wil hê hy moet wees. Hy sal doen wat Ek wil hê hy moet doen, en sy nageslag sal wees soos Ek wil hê hulle moet wees. Hy sal altyd my gesalfde dien.

36. Elkeen in jou familie wat aanhou lewe, sal voor my priester kom buig om ’n bietjie geld of ’n klein broodjie te kry. Hy sal vra: ‘Laat my asseblief ’n priester wees, sodat ek ’n bietjie kos kan hê om te eet.’ ”