hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 27 Bybel vir Almal (ABA)

Dawid in Siklag

1. Dawid het gedink: Eendag sal Saul my kry en dan sal hy my doodmaak. Dit sal beter wees as ek wegvlug na Filistyne-land, dan sal Saul ophou om my oral in die land Israel te soek. So sal ek wegkom van hom.

2. Dawid het toe gereedgemaak en hy en 600 manne het gegaan na koning Akis van die stad Gat. Akis was die seun van Maok.

3. Dawid en sy manne het by Akis in Gat gaan woon. Elke man het ook sy huisgesin saamgeneem. Dawid se twee vroue was Aginoam van die stad Jisreël en Abigajil, die weduwee van Nabal van die stad Karmel.

4. Saul het gehoor dat Dawid na Gat gevlug het, en Saul het hom nie meer gesoek nie.

5. Dawid het vir Akis gesê: “As jy tevrede is met my, dan moet jy vir my plek gee in een van die stede weg van die stad Gat, dan kan ek daar woon. Ek is nie belangrik nie, hoekom moet ek hier in die koningstad by jou woon?”

6. Akis het toe die stad Siklag vir Dawid gegee. Daarom behoort Siklag tot vandag toe aan die konings van Juda.

7. Dawid het ’n jaar en vier maande in die land van die Filistyne gewoon.

8. Hy en sy manne het die mense van Gesur en Geser en ook die Amalekiete gaan aanval. Dit was die mense wat lank gelede tussen Sur en Egipte gewoon het.

9. Wanneer Dawid ’n land aangeval het, dan het hy almal doodgemaak, mans en vroue. Dan het hy hulle klere gevat en die skape en bokke en beeste en donkies en kamele, en hy het teruggegaan. En wanneer hy by Akis gekom het,

10. dan het Akis gevra waar hulle daardie dag mense aangeval het en die mense se goed gevat het. Dan het Dawid gesê hulle het die mense in die Suid-land van Juda aangeval of die Jeragmeël-families of die Keniete in die Suid-land.

11. Dawid en sy manne het altyd almal doodgemaak, mans en vroue, sodat niemand kon vertel wat hulle gedoen het nie. Dawid het dit altyd gedoen toe hy in die land van die Filistyne gewoon het.

12. Akis was nie bekommerd oor Dawid nie, hy het gedink: Dawid se eie mense in die volk Israel praat baie sleg van hom, hy sal altyd vir my moet werk.