hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die manne van Kirjat-Jearim het toe gekom en hulle het die kis na die huis van Abinadab gebring. Die huis was op die heuwel. Hulle het Abinadab se seun Eleasar gewy om die kis van die Here op te pas.

2. Die kis van die Here het lank in Kirjat-Jearim gebly, dit was 20 jaar daar.Al die Israeliete het gehuil en getreur en hulle het gevra dat die Here hulle moet help teen die Filistyne.

Die Israeliete oorwin die Filistyne

3. Samuel het vir al die Israeliete gesê: “As julle met julle hele hart terugkom na die Here toe, en julle gooi die gode van ander volke weg en ook die Astartes, en as julle net vir die Here lief is en julle dien net vir Hom, dan sal Hy julle red van die Filistyne.”

4. Die Israeliete het toe die Baäls en die Astartes weggegooi en hulle het net vir die Here gedien.

5. Samuel het gesê: “Julle moet al die Israeliete by die stad Mispa laat bymekaarkom, dan sal ek tot die Here bid vir julle.”

6. Hulle het toe by Mispa bymekaargekom en water geskep en vir die Here drank-offers uitgegooi. Hulle het daardie dag gevas en gesê: “Ons het sonde gedoen teen die Here.”Samuel was die leier van die Israeliete in Mispa.

7. Die Filistyne het gehoor dat die Israeliete in Mispa bymekaargekom het, en die leiers van die Filistyne het na die Israeliete toe gekom. Toe die Israeliete dit sien, het hulle bang geword vir die Filistyne

8. en hulle het vir Samuel gesê: “Jy moenie ophou om vir ons te bid tot die Here ons God nie. Jy moet vir Hom vra om ons te help en om ons te red van die Filistyne.”

9. Samuel het ’n lam geneem wat nog aan sy ma gedrink het en hy het die lam ge-offer. Dit was ’n brand-offer vir die Here. Samuel het gebid en gevra dat die Here hulle moet help, en die Here het geluister na sy gebed.

10. Samuel was besig om die brand-offer vir die Here te bring, toe kom die Filistyne nader om oorlog te maak teen die Israeliete. Die Here het daardie dag ’n harde donderslag oor die Filistyne laat slaan, en Hy het hulle baie bang laat word. Die Israeliete het gewen teen die Filistyne.

11. Die manne van Israel het uit Mispa gegaan en hulle het die Filistyne gevolg en gejaag tot anderkant die stad Bet-Kar.

12. Samuel het ’n klip geneem en hy het dit regop laat staan tussen Mispa en Sen. Hy het die klip genoem Eben-Haeser, en gesê: “Die Here het ons tot hier gehelp.”

13. Die Filistyne het die oorlog verloor en hulle het nie weer in die Israeliete se land gekom nie. Die Here het die Filistyne laat swaarkry al die jare wat Samuel gelewe het.

14. Die Israeliete het die stede tussen Ekron en Gat teruggekry wat die Filistyne van hulle gevat het. Daar was ook vrede tussen die Israeliete en die Amoriete.

Die volk wil ’n koning hê

15. Samuel was die leier van die Israeliete al die jare wat hy gelewe het.

16. Hy het elke jaar by die stede Bet-El en Gilgal en Mispa gekom en hy was by al hierdie plekke die regter van die Israeliete.

17. Daarna het hy dan teruggegaan na Rama, want sy huis was daar en hy was daar ook die regter. Hy het daar in Rama ’n altaar gebou vir die Here.