hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 5 Bybel vir Almal (ABA)

Die verbondskis is by die Filistyne

1. Die Filistyne het die verbondskis van God gevat en hulle het dit van die stad Eben-Haeser na die stad Asdod gebring.

2. Hulle het die kis van God na die tempel van Dagon gebring en hulle het dit langs die beeld van Dagon neergesit.

3. Toe die mense van Asdod die volgende oggend opstaan, sien hulle daar lê Dagon met sy gesig op die grond voor die kis van die Here. Hulle het vir Dagon geneem en hom regop gesit op sy plek.

4. Toe hulle vroeg die volgende oggend opstaan, sien hulle daar lê Dagon weer met sy gesig op die grond voor die kis van die Here. Dagon se kop en sy twee hande het afgebreek en dit het by die drumpel van die deur gelê. Net Dagon se lyf het oorgebly.

5. Dit is hoekom die priesters van Dagon en almal wat in die tempel van Dagon kom, tot vandag toe nie op die drumpel van die tempel trap nie.

6. Die Here het die mense van Asdod baie swaar laat kry. Hy het hulle bang laat word en Hy het sere op hulle liggame laat kom. Die sere was op al die mense van Asdod, oral in hulle land.

7. Toe hulle sien wat gebeur het, het die mense van Asdod gesê: “Die kis van die God van Israel moenie by ons bly nie, want Hy laat ons en ons god Dagon baie swaar kry.”

8. Hulle het toe al die leiers van die Filistyne laat bymekaarkom en vir hulle gevra: “Wat moet ons doen met die kis van die God van Israel?”Die leiers het gesê: “Julle moet die kis van die God van Israel na die stad Gat neem.”Hulle het die kis van die God van Israel na Gat geneem,

9. maar nadat hulle dit daarnatoe geneem het, het die Here almal in die stad baie bang laat word. Hy het almal in die stad, kinders en grootmense, siek laat word. Daar het sere op hulle gekom.

10. Hulle het toe die kis van God na die stad Ekron gestuur, maar toe dit daar kom, het die mense van Ekron geskree en gesê: “Hulle het die kis van die God van Israel hiernatoe gebring om ons almal te laat sterf.”

11. Hulle het toe al die leiers van die Filistyne laat bymekaarkom en vir hulle gesê: “Julle moet die kis van die God van Israel wegstuur, dit moet teruggaan na sy eie plek. As die kis hier bly, dan sal dit ons almal laat sterf.”Die mense van Ekron het dit gesê omdat almal in die stad bang was dat hulle sal sterf. God het hulle baie swaar laat kry.

12. Die mense wat nie gesterf het nie, het sere op hulle liggame gehad. Almal het gekla en gesug en hulle het tot hulle gode gebid.