hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 21 Bybel vir Almal (ABA)

Dawid kry brood en ’n swaard in Nob

1. Dawid het in die stad Nob by die priester Agimelek gekom. Agimelek het geskrik toe hy vir Dawid sien. Hy het vir Dawid gevra: “Hoekom is jy alleen? Hoekom is daar niemand saam met jou nie?”

2. Dawid het vir die priester Agimelek gesê: “Die koning het vir my gesê ek moet iets gaan doen. Hy het gesê niemand moet weet waarnatoe hy my stuur en hoekom ek moet gaan nie. Ek het vir my manne gesê waar hulle my moet kry.

3. Maar het jy hier kos vir my? Gee vir my vyf brode of iets anders wat jy het.”

4. Die priester het vir Dawid gesê: “Ek het nie gewone brood nie, hier is net gewyde brood. Maar ek hoop die manne het nie kort gelede seks gehad nie.”

5. Dawid sê toe vir die priester: “Nee, wanneer ons gaan oorlog maak, dan het die manne nooit seks nie. Hulle wapens is ook gewyd. My manne is altyd gewyd wanneer ons saam iets gaan doen. Hierdie is ’n spesiale werk wat ons doen, daarom is hulle nog meer gewyd.”

6. Die priester gee toe vir Dawid van die gewyde brood. Daar was nie ander brood nie, daar was net die offer-brood wat die priester weggeneem het uit die tempel toe hy dit omgeruil het om vars brood daar neer te sit.

7. Een van Saul se amptenare moes daardie dag in die tempel bly. Sy naam was Doëg, en hy was die hoof oor die wagters wat Saul se beeste en skape en bokke moes oppas.

8. Dawid het vir Agimelek gevra: “Het jy vir my ’n spies of ’n swaard? Ek kon nie my swaard of ander wapens saambring nie, want ek moes haastig weggaan.”

9. Die priester het gesê: “Hier is die swaard van die Filistyn Goliat wat jy oorwin het in die vallei waar die groot boom is. Kyk, hier is dit toegedraai in ’n lap agter die skouer-kleed. Neem dit as jy dit wil hê, hier is nie ’n ander swaard nie.”Dawid het gesê: “Dit is die beste swaard. Gee dit vir my.”

Dawid kom by koning Akis in die stad Gat

10. Dawid het daardie selfde dag nog verder weggevlug van Saul. Hy het na koning Akis van die stad Gat gegaan.

11. Akis se amptenare het vir hom gesê: “Dit is Dawid, die koning van die land. Dit is die man vir wie die vroue gedans en gesing het. Hulle het gesê:“ ‘Saul het duisende manneoorwin,maar Dawid het tienduisendeoorwin.’ ”

12. Toe Dawid hoor wat die amptenare sê, het hy geskrik en hy het baie bang geword vir koning Akis van Gat.

13. Toe hy by die Filistyne kom, het hy gemaak of hy nie weet wat hy doen nie. Hy het gemaak of hy mal is. Hy het met sy vingers op die deure van die poorte gekrap en hy het spoeg in sy baard laat afloop.

14. Akis het vir sy amptenare gesê: “Kyk daar, julle kan sien die man is mal. Hoekom bring julle hom na my toe?

15. Hier is baie mal mense. Hoekom bring julle hierdie mal man ook na my toe? Hierdie man moenie in my huis kom nie.”