hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 10 Bybel vir Almal (ABA)

Saul sterf

1. Die Filistyne het oorlog gemaak teen die Israeliete. Die manne van Israel het gevlug vir die Filistyne, en die Filistyne het baie Israeliete doodgemaak op Gilboa-berg.

2. Die Filistyne het ook teen Saul en sy seuns geveg en hulle het Saul se seuns Jonatan, Abinadab en Malki-Sua gevang en doodgemaak.

3. Daarna het die Filistyne vir Saul aangeval, die Filistyne wat met pyl en boog skiet, en Saul het baie bang geword vir hulle.

4. Hy het vir sy wapendraer gesê: “Jy moet jou swaard neem en jy moet my doodsteek. Ek wil nie hê hierdie heidene moet my kom doodsteek en vir my lag nie.”Maar sy wapendraer wou dit nie doen nie, hy was bang. Toe neem Saul self sy swaard en hy val daarop. Die swaard het deur hom gesteek.

5. Toe die wapendraer sien dat Saul dood is, het hy ook op sy swaard geval en hy het saam met Saul gesterf.

6. So het Saul en sy drie seuns, al sy seuns, saam gesterf.

7. En toe die mense van Israel wat in die vallei was, hoor dat die manne van Israel gevlug het en dat Saul dood is, het hulle uit hulle stede gevlug. Die Filistyne het toe gekom en hulle het in daardie stede gaan woon.

8. Die Filistyne het die volgende dag gekom om die goed en die klere van die dooie mense te vat, en hulle het vir Saul en sy drie seuns op Gilboa-berg gekry, Saul en sy seuns was dood.

9. Hulle het Saul se goed en sy klere gevat, sy kop afgekap en sy wapens in Filistyne-land rondgestuur om die goeie nuus te bring in die tempels van hulle afgode en vir hulle mense.

10. Hulle het Saul se wapens in hulle tempel gesit en hulle het sy kop in die tempel van hulle god Dagon opgehang.

11. Toe al die mense van die stad Jabes in die land Gilead hoor wat die Filistyne alles met Saul gedoen het,

12. het al die belangrike manne gereedgemaak en hulle het Saul en sy seuns se lyke geneem en hulle het dit na Jabes gebring. Hulle het die bene onder die groot boom by Jabes begrawe. Daarna het hulle sewe dae lank gevas.

13. Saul het gesterf omdat hy ontrou was aan die Here. Hy het nie gedoen wat die Here vir hom gesê het nie en hy het vir ’n gees gaan vra wat hy moet doen.

14. Hy het nie vir die Here gevra nie. Daarom het die Here vir Saul laat sterf en het Hy vir Dawid seun van Isai koning laat word.