hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 20 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dit was in die lente-tyd, die tyd wanneer konings gaan oorlog maak het. Joab het die leër gelei en hy het die land van die Ammoniete verwoes. Toe het hy die stad Rabba van al die kante aangeval. Dawid het in Jerusalem gebly. Joab het die stad oorwin en hy het dit verwoes.

2. Dawid het die kroon afgehaal van hulle koning se kop. Die kroon was gemaak van een talent goud en daar was ’n mooi edelsteen op die kroon. Dawid het die kroon op sy eie kop gesit. Hy het baie goed uit die stad gevat.

3. Hy het ook die manne van die stad Rabba saamgeneem en hy het hulle laat werk, elkeen met ’n saag, ’n pik en ’n byl. Hy het dieselfde gedoen met die manne in al die Ammoniete se stede. Toe het hy en al sy manne teruggegaan na Jerusalem.

Dawid se manne maak Rafa-mense dood

4. Later was daar weer oorlog teen die Filistyne by die stad Geser. Sibbekai van die stad Gusa het daar vir Sippai oorwin. Sippai was van die nageslag van die Rafa-mense.

5. Toe die Israeliete later weer teen die Filistyne oorlog gemaak het, het Elganan seun van Jaïr vir Lagmi oorwin. Lagmi was ’n broer van Goliat. Goliat het van die stad Gat gekom, en die steel van Lagmi se spies was so dik en so lank soos die balk van ’n weefstoel.

6. Eendag was daar oorlog in die stad Gat. Daar was ’n lang man, hy het ses vingers aan elke hand gehad en ses tone aan elke voet, saam was dit 24 vingers en tone. Hy was ook van die nageslag van die Rafa-mense.

7. Hy het die Israeliete gespot, maar toe het Jonatan seun van Sima broer van Dawid hom oorwin.

8. Dit is die mense van die nageslag van Rafa wat in die stad Gat gebore is. Dawid en sy manne het hulle doodgemaak.