hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 24 Bybel vir Almal (ABA)

Die priester-families

1. Die nageslag van Aäron moes vier familie-groepe gewees het, want Aäron se vier seuns was Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.

2. Maar Nadab en Abihu het gesterf toe hulle pa nog gelewe het en hulle het nie seuns gehad nie. Daarom was net Eleasar en Itamar die hoofde van priester-families.

3. Sadok van die Eleasar-familie en Agimelek van die Itamar-familie het vir Dawid gehelp om die priesters in groepe te verdeel om hulle werk te doen.

4. Toe hulle sien dat daar in die Eleasar-familie meer mans is wat hoofde kan wees as in die Itamar-familie, het hulle die Eleasar-familie verdeel in 16 groepe en die Itamar-familie in ag groepe. Elke groep het ’n familiehoof gehad.

5. Hulle het lootjies getrek om die families te verdeel sodat daar priesterleiers van altwee families kon wees wat vir God in die tempel werk.

6. Die sekretaris was Semaja seun van Netanel. Hy was ’n Leviet en hy het die priesters se name opgeskryf. Hy het elke maal twee familiehoofde vir Eleasar opgeskryf en een familiehoof vir Itamar. Die koning was ook daar, en ook die amptenare, die priester Sadok, Agimelek seun van Abjatar, en die familiehoofde van die priesters en die Leviete.

7. Toe hulle lootjies getrek het, was Jojarib eerste, Jedaja was tweede,

8. Garim derde, Seorim vierde,

9. Malkija vyfde, Mijamin sesde,

10. Kos sewende, Abia agste,

11. Jesua negende, Sekanja tiende,

12. Eljasib elfde, Jakim twaalfde,

13. Guppa dertiende, Jesebab veertiende,

14. Bilga vyftiende, Immer sestiende,

15. Gesir sewentiende, Pisses agtiende,

16. Petagja negentiende, Esegiël twintigste,

17. Jakin een-en-twintigste, Gamul twee-en-twintigste,

18. Delaja drie-en-twintigste en Maäsja was vier-en-twintigste.

19. Dit was die groepe wat by die tempel moes kom werk. Hulle voorvader Aäron het gesê hoe hulle dit moet doen. Die Here, die God van Israel, het gesê Aäron moet dit doen.

Die familiehoofde van die ander Leviete

20. Die familiehoofde van die ander Leviete was: Subael van die Amram-familie, Jegdeja van die Subael-familie,

21. Jissija van die Regabja-familie,

22. Selomit van die Jishar-familie, Jagat van die Selomit-familie,

23. en Jerija, Amarja, Jagasiël en Jekamam. Hulle vier was van die Hebron-familie.

24. Miga van die Ussiël-familie en Samir van die Miga-familie was ook familiehoofde,

25. ook Jissija broer van Miga, en Sagaria van die Jissija-familie.

26. Magli en Musi was seuns van Merari. ’n Seun van Merari, Jaäsija,

27. was die hoof van die Merari-familie. Soham, Sakkur en Ibri was hoofde van die Jaäsija-familie.

28. Eleasar was die hoof van die Magli-familie, maar hy self het nie seuns gehad nie.

29. Jeragmeël was die hoof van die Kis-familie.

30. Magli, Eder en Jerimot was die hoofde van die Musi-familie. Dit was die Levi-families.

31. Hulle het ook lootjies getrek soos die ander Leviete, die nageslag van Aäron. Koning Dawid, Sadok, Agimelek, en die familiehoofde van die priesters en die Leviete was ook daar. Hulle het lootjies getrek vir al die families, vir die grootmense en vir die kinders.