hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 2 Bybel vir Almal (ABA)

Die seuns van Jakob

1. Die seuns van Israel was Ruben, Simeon, Levi, Juda, Issaskar, Sebulon,

2. Dan, Josef en Benjamin, Naftali, Gad en Aser.

Die nageslag van Juda

3. Juda en sy Kanaänitiese vrou Bat-Sua het drie seuns gehad. Hulle name was Er, Onan en Sela. Die Here het kwaad geword vir die oudste seun, Er, en die Here het hom laat sterf.

4. Juda en sy skoondogter Tamar het twee seuns gekry, hulle name was Peres en Serag, en toe het Juda vyf seuns gehad.

5. Peres se seuns was Gesron en Gamul.

6. Serag het vyf seuns gehad: Simri, Etan, Heman, Kalkol en Darda.

7. Akar was ’n seun van Karmi. Akar het van die goed gevat wat aan die Here gewy was. Omdat hy dit gedoen het, het die Here baie van Israel se mense laat sterf.

8. Etan het ’n seun gehad, sy naam was Asarja.

9. Gesron se seuns was Jeragmeël, Ram en Kelubai.

10. Ram was die pa van Amminadab, en Amminadab was die pa van Nagson, die leier van die Judeërs.

11. Nagson was die pa van Salmon, en Salmon was die pa van Boas.

12. Boas was die pa van Obed, en Obed was die pa van Isai.

13. Isai het sewe seuns gehad: Eliab, Abinadab, Samma,

14. Netanel, Raddai,

15. Osem en Dawid.

16. Hulle susters was Seruja en Abigal. Seruja het drie seuns gehad. Hulle was: Abisai, Joab en Asael.

17. Abigal was die ma van Amasa. Amasa se pa was die Ismaeliet Jeter.

18. Kaleb seun van Gesron en sy eerste vrou Asuba het ’n dogter gehad, haar naam was Jeriot. Jeriot se seuns was Jeser, Sobab en Ardon.

19. Nadat Asuba gesterf het, het Kaleb getrou met Efrat, en hulle het ’n seun gehad, sy naam was Gur.

20. Gur was die pa van Uri, Uri was die pa van Besaleël.

21. Gesron het later gaan trou met ’n dogter van Makir. Makir was die voorvader van die mense van Gilead. Gesron was toe 60 jaar oud, en hy en hierdie vrou het ’n seun gehad, sy naam was Segub.

22. Segub was die pa van Jaïr. In die land Gilead was daar 23 dorpe wat behoort het aan Jaïr.

23. Die mense van die land Gesur en die land Aram het die dorpe van Jaïr vir hulleself gevat, en ook die dorp Kenat en die klein dorpies daar naby. Dit was 60 dorpe almal saam. Die mense van hierdie dorpe was almal van die nageslag van Makir, die voorvader van die mense van Gilead.

24. Nadat Gesron gesterf het in die stad Kaleb Efrata, het Gesron se vrou Abija nog ’n seun gekry. Dit was Asgur, die voorvader van die mense van Tekoa.

25. Gesron se oudste seun, Jeragmeël, en sy vrou Agija se seuns was Ram, Buna, Oren en Osem.

26. Jeragmeël het nog ’n vrou gehad. Haar naam was Atara, en sy was die ma van Onam.

27. Jeragmeël se oudste seun Ram se seuns was Maäs, Jamin en Eker.

28. Onam se seuns was Sammai en Jada. Sammai se seuns was Nadab en Abisur.

29. Die naam van Abisur se vrou was Abihajil, en hulle was die ouers van Agban en Molid.

30. Nadab se seuns was Seled en Appajim. Seled het nie kinders gehad nie.

31. Appajim was die pa van Jisi, Jisi was die pa van Sesan, en Sesan was die pa van Aglai.

32. Sammai se broer Jada se seuns was Jeter en Jonatan. Jeter het nie kinders gehad nie.

33. Jonatan se seuns was Pelet en Sasa. Dit was die nageslag van Jeragmeël.

34. Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters. Sesan het ’n Egiptiese slaaf gehad, sy naam was Jarga.

35. Sesan het een van sy dogters met sy slaaf Jarga laat trou, en hulle het ’n seun gehad, sy naam was Attai.

36. Attai was die pa van Natan, Natan was die pa van Sabad,

37. Sabad was die pa van Eflal, Eflal was die pa van Obed,

38. Obed was die pa van Jehu, Jehu was die pa van Asarja,

39. Asarja was die pa van Geles, Geles was die pa van Elasa,

40. Elasa was die pa van Sismai, Sismai was die pa van Sallum,

41. Sallum was die pa van Jekamja, en Jekamja was die pa van Elisama.

42. Hier is die name van die nageslag van Jeragmeël se broer Kaleb: Sy oudste seun was Mesa, hy was die voorvader van die mense van Sif. Die mense van Maresa was die voorouers van die mense van die stad Hebron.

43. Die nageslag van die mense van Hebron was die mense van die stede Korag, Tappuag, Rekem en Sema.

44. Die mense van Sema was die voorouers van die mense van die stad Ragam, en hulle was die voorouers van die mense van Jorkoam. Die mense van Rekem was die voorouers van die mense van die stad Sammai.

45. Die mense van die stad Maon was die nageslag van die mense van Sammai, en die mense van Maon was die voorouers van die mense van die stad Bet-Sur.

46. Kaleb en sy byvrou Efa was die ouers van Garan, Mosa en Gases. Garan was die pa van Gases.

47. Die seuns van Jodai was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf.

48. Kaleb en sy byvrou Maäka was die ouers van Seber en Tirgana.

49. Hulle was ook die ouers van Saäf, die voorvader van die mense van die stad Madmanna. Kaleb en Maäka was ook die ouers van Sewa, die voorvader van die mense van die stede Makbena en Giba. Aksa was ’n dogter van Kaleb.

50. Dit was die nageslag van Kaleb. Die nageslag van Gur, die oudste seun van Efrata, was: Sobal, die voorvader van die mense van die stad Kirjat-Jearim,

51. Salma, die voorvader van die mense van die stad Betlehem, en Garef, die voorvader van die mense van die stad Bet-Gader.

52. Sobal, die voorvader van die mense van Kirjat-Jearim, was ook die voorvader van die mense van Haroê en van die helfte van die mense van Menugot.

53. Die mense in Kirjat-Jearim was van die families Jeter, Put, Suma en Misra. Die mense van die stede Sora en Estaol was van hulle nageslag.

54. Die nageslag van Salma was die mense van Betlehem, Netofa, Atrot-Bet-Joab, en die ander helfte van die mense van Menugot, en die Sora-mense.

55. Die skrywersfamilies het in Jabes gewoon. Hulle was die families Tira, Sima en Soka. Hulle was Keniete, die nageslag van Gammat. Gammat was ook die voorvader van die Rekab-familie.