hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 17 Bybel vir Almal (ABA)

Die Here belowe dat Dawid se koningshuis lank sal regeer

1. Dawid het in sy paleis gewoon. Hy sê toe vir die profeet Natan: “Kyk, ék woon in ’n paleis van sederhout, maar die verbondskis van die Here is in ’n tent.”

2. Natan het vir Dawid gesê: “Jy mag alles doen wat jy wil doen, want God is by jou.”

3. Maar daardie nag het Natan gehoor die Here sê vir hom:

4. “Jy moet vir my dienaar Dawid gaan sê dat Ek sê: Dit is nie jý wat vir My die tempel sal bou waar Ek sal woon nie.

5. Ek sê dit, want Ek het nie in ’n tempel gewoon nie, vandat Ek die Israeliete hiernatoe gebring het tot nou toe. Ek het gegaan van een tent na ’n ander tent en na die tempel-tent.

6. Ek het saam met die Israeliete gegaan, maar Ek het nooit gekla by een van die leiers wat Ek gekies en aangestel het om vir my volk Israel ’n herder te wees nie. Ek het nooit gevra dat julle vir My ’n tempel moet bou van sederhout nie.

7. Daarom moet jy vir my dienaar Dawid sê dat Ek, die Here wat oor alles regeer, sê: Dit is Ék wat jóú weggeneem het uit die weiveld by die skape en bokke. Ek het jou daar weggeneem om koning te word oor my volk Israel,

8. en Ék was by jou oral waar jy gegaan het. Ék het al jou vyande laat sterf en Ék het jou so belangrik laat word soos die belangrike konings op die aarde.

9. Ék het vir my volk Israel ’n plek gegee om te woon, en hulle woon in hulle eie land. Niemand pla hulle nie, en slegte mense laat hulle nie meer swaarkry nie soos voorheen

10. in die tyd toe Ek leiers gekies en aangestel het oor my volk Israel. Ek het jou laat wen teen al jou vyande.“Nou sê Ek vir jou: Ek sal vir jóú ’n koningshuis gee.

11. Wanneer jou tyd verby is en jy sterf, dan sal Ek een van jou eie seuns koning laat word, en hy sal lank koning wees.

12. Hý sal vir My ’n tempel bou, en Ek sal hom baie lank laat regeer.

13. Ek sal vir hom wees soos ’n pa, en hy sal vir My wees soos ’n seun. Ek sal aanhou om vir hom te doen wat Ek belowe het. Ek het dit nie gedoen vir die man wat vóór jou koning was nie.

14. Die koning uit jou nageslag sal altyd ’n plek hê in my tempel en daar waar Ek Koning is. Iemand van jou nageslag sal altyd koning wees.”

15. Natan het vir Dawid alles gesê wat die Here vir hom gesê en gewys het.

Dawid sê dankie vir die Here

16. Koning Dawid het ingegaan in die tempel-tent en hy het voor die verbondskis gaan lê. Hy het gesê: “Here God, ek en my familie is nie belangrik nie. Hoekom het U so baie vir my gedoen?

17. “En, o God, U het nog meer gedoen. U het ook nog gepraat oor u dienaar se koningshuis wat nog baie lank sal regeer. Here God, U praat met my soos met ’n baie belangrike mens.

18. Wat kan ek, Dawid, nog vir U sê, vir U wat u dienaar so belangrik laat voel? Here, U ken u dienaar.

19. U het besluit om dit vir u dienaar te doen en U het hierdie groot ding gedoen om vir u dienaar hierdie wonderlike dinge te sê.

20. Here, daar is niemand soos U nie. U alleen is God, ons weet nie van ’n ander God nie.

21. En wie is soos u volk Israel? U het net vir húlle gekies uit al die volke op die aarde en U het hulle vrygemaak om u volk te wees. U het groot en wonderlike dinge gedoen toe U ander volke weggejaag het sodat u volk in die land kan woon, u volk wat U vrygemaak het uit Egipte. Daarom ken almal u Naam.

22. U het u volk Israel ’n volk gemaak wat nog lank daar sal wees, want U, Here, het hulle God geword.

23. En nou, Here, U het dinge belowe oor my, u dienaar, en oor my koningshuis. U moet nou daardie dinge waar laat word, dit moet nog lank so wees. U moet doen wat U gesê het.

24. U moet altyd dieselfde bly en belangrik wees, en die mense moet sê: ‘Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, is God oor Israel.’ En die koningshuis van u dienaar Dawid moet altyd regeer en hulle moet vir U dien.

25. Want U, my God, dit is U wat vir my, u dienaar, gesê het dat U ’n koningshuis vir my sal bou. Dit is hoekom u dienaar hierdie gebed tot U kon bid.

26. En nou, Here, U alleen is God, en U het hierdie goeie ding oor u dienaar gesê.

27. U het nou begin om dit goed te laat gaan met u dienaar se koningshuis, sodat hulle altyd sal regeer en U sal dien. Want, Here, U het gesê dit sal goed gaan, en daarom sal dit altyd goed gaan.”