hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 16 Bybel vir Almal (ABA)

1. Hulle het die kis van God gebring en hulle het dit neergesit in die tent wat Dawid laat opslaan het om die kis in te sit. Daarna het hulle brand-offers en ete-offers vir God gebring.

2. Nadat Dawid die brand-offers en die ete-offers ge-offer het, het hy vir die volk gesê dat die Here hulle sal seën.

3. Hy het vir elke Israeliet ’n broodjie en dadels en rosyntjies gegee, hy het dit vir elke man en vrou gegee.

4. Hy het ook party Leviete gekies en aangestel om by die kis van die Here te werk. Hulle werk was om vir die Here, die God van Israel, te sing en dankie te sê en om Hom te prys.

5. Asaf was die hoof van hierdie Leviete, en die onder-hoof was Sagaria. Jeïel, Semiramot, Jegiël, Mattitja, Eliab, Benaja, Obed-Edom en Jeïel het die harpe en liere gespeel, en Asaf het die simbale geslaan.

6. Die priesters Benaja en Jagasiël moes aanhou om trompette te blaas voor die verbondskis van God.

Die lied “Julle moet vir die Here dankie sê”

7. Daardie dag het Dawid die eerste maal vir Asaf en sy familie gesê hulle moet ’n lied sing vir die Here. Die lied se naam was: “Julle moet vir die Here dankie sê.”

8. Die woorde van die lied is:“Julle moet vir die Heredankie sê,julle moet sy Naam sê,julle moet vir al die volke vertelwat Hy gedoen het.

9. Julle moet sing vir Hom,julle moet musiek maak vir Hom,julle moet dink ooral sy wonderwerke.

10. Julle moet Hom prys,Hy is heilig.Almal wat die Here dien,moet wys dat hulle bly is.

11. Julle moet die Here kom dien,Hy is sterk,julle moet altyd naby Homwil bly.

12. Julle moet dinkaan sy wonderwerkewat Hy gedoen het,julle moet dink aan sy tekenstoe Hy sy vyande gestraf het.

13. Julle is die nageslagvan Israel, sy dienaar,die nageslag van Jakobwat Hy gekies het.

14. Hy is ons God die Here,Hy oordeel al die mense.

15. Hy het altyd sy verbondonthou,Hy het dit belowevir 1 000 geslagte.

16. Hy het hierdie verbond gemaakmet Abraham,Hy het dit vir Isak belowe,

17. Hy het vir Jakob gesêdie verbond sal nieverander nie,dit is ’n verbondmet die volk Israel,’n verbond wat vir altyd sal wees.

18. Die Here het gesê:‘Ek gee vir jou die land Kanaän,dit moet altyd aan julle behoort.’

19. Hulle was min mense,net ’n paar mense,en hulle was vreemdelingein die land.

20. Hulle het rondgetrekvan een volk na ’n ander volk,van een land na ’n ander land.

21. Die Here het gesêniemand mag sy menseverdruk nie,Hy het konings gestrafomdat hulle sy volkverdruk het.

22. Hy het gesê:‘Julle moet niks sleg doenaan die mensewat Ek gesalf het nie,julle moenie slegte dinge doenaan my profete nie.’

23. Julle moet vir die Here sing,al die mense op die aardemoet dit doen.Julle moet elke dagdie goeie nuus bringdat die Here mense red.

24. Julle moet vir die volke vertel,vir al die volke,julle moet verteldat die Here Koning isen dat Hy wonderwerke doen.

25. Want die Here is groot,mense moet Hom baie prys,hulle moet vir Hóm bang wees,nie vir al die afgode nie.

26. Want al die godevan die volke beteken niks,maar dit is die Herewat die hemel gemaak het.

27. Almal wat Hom dien,weet dat Hy Koning is,almal in sy woonplek is bly,hulle weet dat Hydie sterk Koning is.

28. “Julle almal, al die volke,julle moet die Here prys,julle moet Hom prys,want Hy is Koning,Hy is sterk.

29. Julle moet die Naamvan die Here prys,julle moet presente bringen na Hom toe kom,julle moet buig voor die Here,die heilige Koning.

30. Al die mense op die aarde,julle moet bang wees vir Homen bewe.Hy laat die aarde vas staan,dit skud nie.

31. Die hemel moet bly wees,die aarde moet juig,hulle moet vir die volke sê:‘Die Here is Koning.’

32. Die see en alles in die seemoet raas en dreun,die veld en alles in die veldmoet juig en skree.

33. Dan sal al die bomein die bos singvir die Here,want Hy komom te regeer oor die aarde.

34. Julle moet vir die Heredankie sê,want Hy is goed,ja, Hy doen altyd wat Hybelowe het.

35. “Julle moet sê: ‘O God wat onsaltyd red,U moet ons reden ons bymekaarmaak en onsvrymaak van die volke,sodat ons u heilige Naamkan sê en vir U dankiekan sê,sodat ons dit sal genietom U te prys.’

36. Almal moet die Here,die God van Israel, prys,hulle moet Hom altyden altyd prys.En die hele volk moet sê:‘Amen’en hulle moet die Here prys.”

37. Dawid het vir Asaf en die ander Leviete daar voor die verbondskis van die Here laat bly. Hulle moes aanhou om die werk by die kis te doen, die werk wat elke dag nodig was.

38. Obed-Edom en 68 van sy familielede moes help. Obed-Edom seun van Jedutun en Gosa was poortwagte.

39. Die priester Sadok en die priesters van sy familie moes werk by die tent van die Here by die offer-plek wat in die stad Gibeon was.

40. Hulle moes aanhou om elke oggend en elke aand brand-offers op die altaar te bring, hulle moes dit doen soos dit geskryf is in die wette van die Here wat Hy vir die Israeliete gegee het.

41. Saam met hulle was Heman en Jedutun en die ander Leviete, Dawid het hulle gekies en aangestel om vir die Here dankie te sê. Hulle het gesing en gesê: “Ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.”

42. Heman en Jedutun het trompette en simbale en ander musiek-instrumente by hulle gehad om musiek te maak wanneer hulle hierdie lied vir God gesing het. Jedutun se seuns was by die poort.

43. Al die mense het toe huis toe gegaan, en Dawid het teruggegaan om sy huisgesin te groet.