hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 13 Bybel vir Almal (ABA)

Dawid gaan haal die kis van die Here

1. Dawid het vir elke leier gevra wat hy dink, vir elke leier van 1 000 manne en vir elke leier van 100 manne.

2. Dawid het toe vir die volksvergadering van Israel gesê: “As julle dink dit is goed en as julle dink ons God die Here wil dit hê, dan moet ons boodskappe stuur na al die Israeliete wat nie hier is nie, ons moet dit stuur na al die kante toe, oral in die land Israel. Hulle moet hier by ons bymekaarkom, en saam met hulle moet ook die priesters kom en die Leviete wat in hulle eie stede woon waar daar weiveld is.

3. Dan moet ons die kis van ons God na ons toe laat terugkom, want in die tyd toe Saul koning was, was ons nie bekommerd oor die kis nie.”

4. Die hele vergadering het gesê dit is goed, hulle moet dit doen, want die hele volk het gedink dit is reg.

5. Dawid het al die Israeliete laat bymekaarkom om die kis van God uit die stad Kirjat-Jearim te bring, al die Israeliete van die Sigor-rivier by Egipte tot by die stad Lebo-Hamat.

Dawid laat die kis van die Here bring na die huis van Obed-Edom

6. Dawid en al die Israeliete het na die stad Baäla gegaan. Baäla se ander naam was Kirjat-Jearim en dit het behoort aan die Juda-stam. Hulle het die kis van God gaan haal, die kis van die Here. Die Here se troon is bokant die gerubs en die kis behoort aan Here.

7. Hulle het die kis van God uit die huis van Abinadab geneem en hulle het dit op ’n nuwe wa gesit. Ussa en Agjo het die beeste gedryf wat die wa getrek het.

8. Dawid en al die Israeliete het voor God gedans en hulle het baie hard gesing. Hulle het liere en harpe gespeel en tamboeryne en simbale geslaan en trompette geblaas.

9. Toe hulle by die dorsvloer van Kidon kom, het die beeste amper geval en die kis het geskuif. Ussa het sy hand uitgesteek om die kis vas te hou.

10. Die Here het kwaad geword vir Ussa en Hy het vir Ussa doodgemaak omdat hy met sy hand aan die kis geraak het. Ussa het daar voor God gesterf.

11. Dawid was baie geskok en ontsteld omdat die Here vir Ussa laat sterf het. Dawid het daardie plek genoem “Peres-Ussa,” en dit is vandag nog die plek se naam.

12. Dawid het daardie dag bang geword vir die Here. Dawid het gesê: “Ek kan nie die kis van God na my toe laat kom nie.”

13. Daarom het Dawid nie die kis na hom toe laat kom in die Dawidstad nie. Hy het gesê hulle moet die kis bring na die huis van Obed-Edom. Obed-Edom het van die stad Gat gekom.

14. Die kis van God het drie maande lank in die huis van Obed-Edom gebly. Die Here het die huisgesin van Obed-Edom geseën en ook alles wat aan hom behoort.