hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 25 Bybel vir Almal (ABA)

Die mense wat in die tempel moes sing

1. Dawid en die hoofde van die leër het besluit wat die manne van die families van Asaf, Heman en Jedutun moes doen. Hulle moes sing terwyl die mense die liere en die harpe en die simbale speel. Hier is die name van die manne wat hierdie werk moes doen.

2. Van die Asaf-familie was daar Sakkur, Josef, Netanja en Asarela. Hulle was seuns van Asaf, en Asaf was hulle leier. Asaf moes sing wanneer die koning dit wou hê.

3. Van die Jedutun-familie was daar die ses seuns van Jedutun, Gedalja, Seri, Jesaja, Gasabja en Mattitja. Hulle pa was die leier. Terwyl die lier speel, het Jedutun gesing om vir die Here dankie te sê en om Hom te prys.

4. Van die Heman-familie was daar Heman se seuns Bukkija, Mattanja, Ussiël, Sebuel, Jerimot, Gananja, Ganani, Eliata, Giddalti, Romamti-Eser, Josbekasa, Malloti, Hotir en Magasiot.

5. Hulle was almal seuns van Heman, die siener van die koning. God het vir Heman belowe om hom ’n belangrike man te maak, daarom het God vir Heman 14 seuns en drie dogters gegee.

6. Hulle pa was hulle leier wanneer hulle in die tempel musiek moes maak met simbale, harpe en liere. Hulle moes dit doen wanneer die priesters in die tempel gewerk het. Asaf, Jedutun en Heman het vir die koning gewerk.

7. Daar was 288 mense wat musiek vir die Here kon maak saam met die ander Leviete wat geleer het om te sing.

8. Hulle het lootjies getrek om te kyk wie moet werk en wanneer hulle moet werk. Hulle het dit gedoen vir almal, vir oumense en vir jongmense, vir die mense wat geweet het hoe om te sing en vir die mense wat nog geleer het hoe om dit te doen.

9-31. Toe hulle lootjies getrek het vir die Asaf-familie, was Josef eerste, Gedalja was tweede, Sakkur derde, Jisri vierde, Netanja vyfde, Bukkija sesde, Jesarela sewende, Jesaja agste, Mattanja negende, Simi tiende, Asarel elfde, Gasabja twaalfde, Subael dertiende, Mattitja veertiende, Jeremot vyftiende, Gananja sestiende, Josbekasa sewentiende, Ganani agtiende, Malloti negentiende, Eliata twintigste, Hotir een-en-twintigste, Giddalti twee-en-twintigste, Magasiot drie-en-twintigste en Romamti-Eser vier-en-twintigste. Daar was twaalf mans in elke groep, dit was die leier, sy seuns en die ander Leviete.