hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 9 Bybel vir Almal (ABA)

Die families in Jerusalem

1. Al die Israeliete se name is geskryf in die naamlys, in die boek oor die konings van Israel. Die mense van Juda het gevangenes in die land Babel geword omdat hulle ontrou was aan die Here.

2. Die eerste mense wat weer op hulle grond in hulle stede kom woon het, was Israeliete, priesters, Leviete en tempel-slawe.

3. Party van die mense van die stamme Juda, Benjamin, Efraim en Manasse het in Jerusalem kom woon. Hulle was:

4. Utai seun van Ammihud seun van Omri seun van Imri seun van Bani, hulle was van die nageslag van Peres seun van Juda.

5. Van die mense van die stad Silo was daar die oudste seun Asaja en sy seuns.

6. Van die nageslag van Serag was daar Jeüel en sy familie, hulle was almal saam 690 mense.

7. Van die Benjamin-stam was daar Sallu seun van Mesullam seun van Hodauja seun van Senua,

8. Jibneja seun van Jerogam, Ela seun van Ussi seun van Mikri, en Mesullam seun van Sefatja seun van Reüel seun van Jibneja,

9. en hulle ander familie. Hulle was almal saam 956 mense. Al hierdie manne was hoofde van hulle families.

Priesters en Leviete in Jerusalem

10. Hier is die name van die priesters wat in Jerusalem gewoon het: Jedaja, Jojarib, Jakin,

11. Asarja seun van Gilkija seun van Mesullam seun van Sadok seun van Merajot seun van Agitub, die hoof van die tempel.

12. Daar was ook Adaja seun van Jerogam seun van Pasgur seun van Malkija, en Masai seun van Adiël seun van Jagsera seun van Mesullam seun van Mesillemot seun van Immer.

13. Daar was ook hulle ander familie, die hoofde van families. Hulle was almal saam 1 760 priesters. Hulle was belangrike manne wat die werk in die tempel kon doen.

14. Die Leviete was Semaja seun van Gassub seun van Asrikam seun van Gasabja van die nageslag van Merari.

15. Daar was ook Bakbakkar, Geres, Galal en Mattanja seun van Miga seun van Sikri seun van Asaf,

16. en Obadja seun van Semaja seun van Galal seun van Jedutun, en Berekja seun van Asa seun van Elkana. Elkana het gewoon in die dorpe naby die stad Netofa.

17. Die poortwagte was Sallum, Akkub, Talmon, Agiman en hulle familie. Sallum was die hoof.

18. Hierdie familie is nou nog by die Koning-poort oos van die tempel. Hulle was voorheen die poortwagte by die tente van die Leviete.

19. Daar was ook Sallum seun van Kore seun van Ebjasaf seun van Korag, en sy familie. Die Korag-familie se werk was om wag te staan by die deure van die tent. Hulle voorvaders was wagte by die ingang van die kamp van die Here.

20. Voorheen was Pinehas seun van Eleasar hulle hoof. Die Here was by Pinehas.

21. Sagaria seun van Meselemja was die poortwag by die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het.

22. Die beste manne, die wagte by die poorte en by die deure was almal saam 212. Hulle name is geskryf in die naamlys op die plekke waar hulle gewoon het. Dawid en die siener Samuel het hulle gekies en aangestel om die werk te doen.

23. Hulle en hulle seuns was die wagte by die poorte van die tempel-tent en van die tempel.

24. Daar was wagte by die poorte oos, wes, suid en noord van die tempel.

25. Hulle familie het gewoon in hulle dorpe en hulle het elke maal sewe dae lank kom werk wanneer dit hulle beurt was.

26. Die vier belangrikste poortwagte was Leviete en hulle het elke dag gewerk. Hulle moes ook kyk dat alles reg is by die kamers by die tempel en by die stoorkamers.

27. Hulle het naby die tempel geslaap, want hulle moes wagstaan en hulle moes elke oggend die deure oopsluit.

28. Party van die Leviete moes sorg vir die gereedskap wat die priesters gebruik het. Hulle moes elke maal genoeg gereedskap vir die priesters gee en hulle moes dit weer terugneem.

29. Party Leviete moes sorg vir die ander gereedskap, vir al die gewyde gereedskap en vir die meel en die wyn en die olyf-olie en die wierook en die speserye.

30. Party priesters moes die spesery-salf meng.

31. Een van die Leviete was Mattitja. Hy was die oudste seun van Sallum van die nageslag van Korag. Hy moes elke dag kyk dat die bakkers hulle werk doen.

32. Party van die ander Leviete was afstammelinge van Kehat. Hulle moes elke Sabbatdag die rye offer-brood op die tafel sit.

33. Die familiehoofde van die Leviete wat by die tempel moes sing, het in die kamers by die tempel gewoon. Hulle het nie ander werk gedoen nie, want hulle moes elke dag en nag gereed wees om hulle werk te doen.

34. Die mense wie se name hierbo geskryf is, was familiehoofde van die Leviete. Hulle was die hoofde van die families wat afstammelinge van Levi was, en hulle het in Jerusalem gewoon.

Saul se voorvaders en sy nageslag

35. Jeïel, die voorvader van die mense van die stad Gibeon, het in Gibeon gewoon. Sy vrou se naam was Maäka.

36. Sy oudste seun was Abdon, en sy ander seuns was Sur, Kis, Baäl, Nadab,

37. Gedor, Agjo, Seker en Miklot.

38. Miklot was die pa van Sima. Hulle het ook by hulle familie in Jerusalem gewoon.

39. Ner was die pa van Kis, Kis was die pa van Saul, en Saul was die pa van Jonatan, Malki-Sua, Abinadab en Esbaäl.

40. Die seun van Jonatan was Meribbaäl, en Meribbaäl was die pa van Miga.

41. Die seuns van Miga was Piton, Melek, Tagrea

42. en Agas. Agas was die pa van Joadda, en Joadda was die pa van Alemet, Asmawet en Simri. Simri was die pa van Mosa.

43. Mosa was die pa van Bina, Bina was die pa van Rafa, Rafa was die pa van Elasa, en Elasa was die pa van Asel.

44. Asel het ses seuns gehad. Hier is hulle name: Asrikam, Bokeru, Ismael, Searja, Obadja en Ganan.