hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 15 Bybel vir Almal (ABA)

Die sewe laaste strawwe

1. Ek het toe ’n ander groot en wonderlike teken in die lug gesien: Daar was sewe engele wat God se straf gebring het, sewe strawwe. Dit is die sewe laaste strawwe. Wanneer die sewe strawwe klaar is, dan sal God nie weer die mense straf nie, Hy het hulle dan genoeg gestraf.

2. Ek het iets gesien wat lyk soos ’n see vol glas en vuur. By die see het mense gestaan. Dit is die mense wat die dier en sy beeld en die nommer van sy naam oorwin het. Die mense het harpe gehad wat God vir hulle gegee het.

3. Toe sing hulle die lied van Moses, die dienaar van God. Dit is ook die lied van die Lam. Hulle het gesing:“Here God, Almagtige!Die dinge wat U doen,is groot en wonderlik!U doen altyd wat reg en waar is!U is die Koning van die volke!

4. Here, almal sal U respekteer!Almal sal U eer!Want net U is heilig!Want al die volke sal komen hulle sal U aanbid!Want almal kan sien U doenaltyd wat reg is!”

5. Toe het ek gesien die tempel, God se tempel-tent in die hemel, gaan oop.

6. Die sewe engele wat die sewe strawwe gebring het, het uit die tempel gekom. Hulle het skoon, wit klere gedra en elkeen het ’n goue belt om sy bors gehad.

7. Een van die vier diere het sewe goue bakke vir die sewe engele gegee. In die bakke was al die straf wat God vir die mense sal gee, God wat altyd lewe.

8. Die tempel het vol rook geword. Ja, God, die Sterk Koning, was daar! Niemand kon in die tempel ingaan voordat die sewe engele die sewe strawwe gebring het nie.