hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 22 Bybel vir Almal (ABA)

1. Toe het die engel vir my ’n rivier gewys. Die rivier was baie helder, soos kristal. In die rivier was water wat mense altyd laat lewe. Die rivier kom uit die troon van God en van die Lam.

2. Die rivier het gevloei in die middel van die straat. Die bome van die lewe het gestaan langs altwee kante van die rivier. Die bome het twaalf soorte vrugte gedra, hulle het elke maand vrugte gedra. Die volke gebruik die bome se blare om gesond te word.

3. God sal niemand en niks in die stad vervloek nie. En God en die Lam se troon sal in die stad wees, en God se dienaars sal Hom aanbid.

4. Hulle sal God sien, en God se Naam sal op hulle voorkoppe geskryf wees.

5. Daar sal nie meer nag wees nie. Daar sal nie meer lig van ’n lamp of die son wees nie. Dit sal nie nodig wees nie, want die Here God sal ’n lig wees vir hulle. En hulle sal altyd en altyd regeer.

Jesus sal weer kom

6. Die engel het vir my gesê: “Die dinge wat in hierdie boek geskryf is, is waar. ’n Mens kan dit glo, want die Here God het vir die profete gesê wat hulle moet sê. Ja, God het sy engel gestuur om vir sy dienaars die dinge te wys wat gou moet gebeur.”

7. Christus het gesê: “Ek sal gou kom! In hierdie boek is die dinge geskryf wat moet gebeur. As iemand dit lees en dit glo, dan is hy gelukkig!”

8. Ek, Johannes, het al die dinge gesien en gehoor wat in hierdie boek geskryf is. ’n Engel het dit vir my gewys. Toe ek dit alles gesien en gehoor het, het ek voor die engel se voete gekniel en ek wou hom aanbid.

9. Maar hy het vir my gesê: “Jy moenie vir mý aanbid nie, want ek dien ook vir God. Ek dien Hom ook soos jy en jou vriende, die profete, en soos al die ander mense wat hierdie boek lees en wat doen wat daarin geskryf is.”

10. Die engel het ook vir my gesê: “In hierdie boek is die dinge geskryf wat moet gebeur. Jy moenie stilbly daaroor nie, want daar is min tyd voordat dit sal gebeur!

11. Die mense wat verkeerde dinge doen, moet nog meer verkeerde dinge doen! En die mense wat slegte dinge doen, moet nog meer slegte dinge doen! Maar die mense wat doen wat God wil hê, moet nog meer dinge doen wat God wil hê! En die mense wat reg lewe, moet aanhou om reg te lewe!”

12. Toe sê Christus weer: “Ek sal gou kom! Ek weet wat elke mens gedoen het en Ek sal elke mens beloon.

13. Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.

14. “Die mense wat reg lewe, is gelukkige mense! Hulle is soos mense wat skoon klere aangetrek het. Hulle mag eet van die vrugte van die bome van die lewe! En hulle mag deur die poorte ingaan na God se stad!

15. Buite God se stad is die slegte mense en die mense wat toor en die mense wat onsedelik lewe en die mense wat ander mense vermoor en die mense wat afgode dien en almal wat daarvan hou om te lieg.

16. “Ek, Jesus, het my engel na julle toe gestuur. Die engel het al die dinge in hierdie boek vir die gemeentes gesê. Ek, Jesus, is die Wortel van Dawid, die Nageslag van Dawid, en die Blink Môrester.”

17. Ja, die Gees en die kerk, Jesus se bruid, sê: “U moet kom!”Elkeen wat dit hoor, moet sê: “U moet kom!”As iemand geestelik dors is, dan moet hy water kom haal, water wat hom altyd sal laat lewe, water wat verniet is.

18. Die dinge wat moet gebeur, is in hierdie boek geskryf. Ek sê nou vir almal wat hierdie boek lees: “As iemand sê dat God dinge sal laat gebeur, en daardie dinge is nie in hierdie boek geskryf nie, dan sal God hom straf! God sal vir hom die strawwe gee wat in hierdie boek geskryf is!

19. En as iemand sê die dinge wat in hierdie boek geskryf is, sal nie gebeur nie, dan sal God hom straf! God sal sê hy mag nie eet van die vrugte van die boom van die lewe nie, en hy mag nie ingaan in die gewyde stad nie. In hierdie boek is geskryf van die boom van die lewe en van die gewyde stad.”

20. Dit is die Here Jesus wat al hierdie dinge sê. Hy sê ook: “Ja, Ek sal gou kom!”Amen! U moet kom, Here Jesus!

21. Ek bid dat die Here Jesus genadig sal wees vir julle almal!