hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 4 Bybel vir Almal (ABA)

God is op sy troon

1. Nadat hierdie dinge gebeur het, het ek gekyk en ek het gesien ’n deur in die hemel is oop. Die Persoon wat voorheen met my gepraat het, het vir my gesê: “Kom op hiernatoe, dan sal Ek vir jou wys wat ná hierdie dinge moet gebeur.” Die Persoon se stem was so hard soos ’n trompet.

2. Die Gees het in my gekom, en toe sien ek in die hemel ’n troon en ek sien Iemand sit op die troon.

3. Die Persoon op die troon het gelyk soos jaspis en karneool. Rondom die troon was ’n reënboog wat soos smarag gelyk het.

4. Rondom die troon was daar 24 trone. Op die trone het 24 ouderlinge gesit. Hulle het wit klere gedra, en op hulle koppe was daar goue krone.

5. Daar het weerlig en donderweer van die troon gekom en dit het geraas. Sewe fakkels het voor die troon gebrand. Dit was die Sewe Geeste van God.

6. Voor die troon was daar iets wat gelyk het soos ’n see van glas, dit was so helder soos kristal.In die middel, rondom die troon, was daar vier diere. Elke dier se liggaam was vol oë, voor en agter.

7. Die eerste dier het gelyk soos ’n leeu. Die tweede dier het gelyk soos ’n bul. Die derde dier se gesig het gelyk soos ’n mens se gesig. Die vierde dier het gelyk soos ’n arend wat vlieg.

8. Elke dier het ses vlerke gehad, en daar was oë oral op die vlerke, bo en onder. Die vier diere het aangehou sing:“Die Here God, die Almagtige,is heilig, heilig, heilig!Hy was altyd daar,Hy is nou daaren Hy sal weer kom!”

9. Ja, die vier diere het die Persoon wat op die troon sit, geloof en geprys. Hulle het vir Hom dankie gesê, vir Hom wat altyd lewe.

10. Elke maal wanneer hulle dit doen, dan het die 24 ouderlinge op die grond gaan lê voor die Persoon wat op die troon sit. Hulle het tot Hom gebid, tot Hom wat altyd lewe. Hulle het hulle krone voor sy troon neergesit en gesê:

11. “Here, ons God,almal moet U eeren prys en sê hoe sterk U is!Ons wil U eer!Ons wil U prys!Ons wil sê hoe sterk U is!Want U het alles gemaak!Ja, U het so besluit,daarom is alles daar,U het alles gemaak!”