hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 5 Bybel vir Almal (ABA)

Die Lam mag die boekrol oopmaak

1. Ek het gesien die Persoon wat op die troon sit, het ’n boekrol in sy regter-hand. Daar was baie woorde op die boekrol geskryf, binne en buite. Die boekrol was toegeplak met sewe seëls.

2. Ek het ’n sterk engel gesien. Hy het hard geskree en gesê: “Wie mag die boekrol oopmaak? Wie mag die seëls op die boekrol breek en die boek oopmaak?”

3. Maar niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boekrol oopmaak of daarin kyk nie.

4. En ek het baie gehuil omdat daar niemand was wat die boekrol kon oopmaak of daarin kon kyk nie.

5. Maar een van die ouderlinge het vir my gesê: “Jy moenie huil nie! Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Wortel van Dawid, het oorwin. Daarom kan Hy die sewe seëls breek en die boekrol oopmaak.”

6. Toe sien ek ’n Lam. Die Lam het by die troon gestaan, tussen die vier diere en die ouderlinge. Dit het gelyk of die Lam geslag is. Hy het sewe horings en sewe oë gehad. Die sewe oë is die Sewe Geeste van God. God stuur hulle oor die hele aarde.

7. En die Lam het gegaan en die boekrol geneem uit die regter-hand van die Persoon wat op die troon sit.

8. Toe die Lam die boekrol neem, het die vier diere en die 24 ouderlinge voor die Persoon gekniel soos ’n mens voor ’n koning kniel. Elkeen het ’n harp gehad en goue bakke. Die goue bakke was vol wierook. Die wierook is die gebede van die gelowiges.

9. Toe sing die diere en die ouderlinge hierdie nuwe lied vir die Lam:“Net U mag die boekrol neem!U mag die seëls breeken die boekrol oopmaak!Want die mensehet U doodgemaak,ja, U het gesterf en U het mensegekoop vir God,mense van al die stamme, tale,volke en lande!

10. U het gesê God regeer oor hulle,hulle is soos die priesterswat vir God werk,en hulle sal oor die aarde regeer!”

11. Toe sien en hoor ek baie engele wat sing. Die engele was rondom God se troon en rondom die diere en die ouderlinge. Daar was baie miljoene engele.

12. Hulle het hierdie woorde hard gesing:“Almal moet sing oor die Lamwat gesterf het.Hulle moet vertel dat Hy sterken ryk is,en dat Hy wysheid en krag het,hulle moet Hom eer en prysen loof!”

13. Toe hoor ek hoe sing alles wat lewe, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, en alles wat in hulle is. Hulle het hierdie woorde gesing:“Ons prys Homwat op die troon siten ons prys die Lam,ons eer en prys Hulle,Hulle wat sterk is, altyd en altyd!”

14. En die vier diere het gesê: “Amen!”En die ouderlinge het gekniel en hulle het gebid tot God en die Lam.