hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 19 Bybel vir Almal (ABA)

Almal in die hemel is bly

1. Na hierdie dinge het ek iets in die hemel gehoor. Dit was soos die stemme van baie mense. Hulle het gesê:“Ons prys ons God!Hy red ons!Hy is die Koning!Hy is baie sterk!

2. Ons prys Hom,want Hy doen altyd wat waaren reg is!Want Hy het Babilon,die groot prostituut, gestraf!Sy het onsedelik gelewe,sy het al die mense op die aardesleg gemaak.Sy het die mense doodgemaakwat vir God gedien het,maar God het haar gestraf!”

3. Hulle het weer gesê:“Ons prys die Here!Die stad Babilon sal altyden altyd brand!”

4. En die 24 ouderlinge en die vier diere het gekniel en hulle het God aanbid, God wat op die troon sit. Hulle het gesê:“Amen!Ons prys die Here!”

5. En ek het gehoor dat iemand by die troon sê:“Julle wat vir ons God dien,julle wat Hom respekteer,julle moet Hom prys,julle almal, kindersen grootmense!”

6. En ek het iets gehoor. Dit was soos die stemme van baie mense en soos baie water wat raas en soos harde donderweer. Hulle het gesê:“Ons prys die Here,want Hy regeer!Ons God, die Almagtige, regeer!

7. Ons moet bly wees! Baie bly!Kom ons prys Hom, ons Koning!Want dit is nou die tyd wanneerdie Lam gaan trou!Ja, sy bruid het haarselfmooi gemaak!

8. God het vir haar gesê sy magmooi klere aantrek,klere wat blink en skoon is!Ja, die mooi klereis die goeie dingewat die mense gedoen het,die mense wat aan God behoort.”

9. En die engel het vir my gesê: “Jy moet skryf: ‘God het party mense genooi na die ete wanneer die Lam trou. Daardie mense is gelukkige mense!’ ”Die engel het ook vir my gesê: “God sê dit, en alles wat Hy sê, is waar!”

10. En ek het voor die engel gekniel om hom te aanbid, maar hy het vir my gesê: “Jy moenie dit doen nie! Ek is ook ’n dienaar van God, soos jy en jou vriende. Ek glo ook in Jesus, soos julle. Jy moenie vir my aanbid nie, jy moet vir Gód aanbid! Want die dinge wat ons van Jesus glo, is die dinge wat al die profete sê.”

Die Persoon op die wit perd

11. En ek het gesien die hemel is oop. Toe sien ek ’n wit perd! Die Persoon wat op die perd gesit het, se Name was “Hy wat altyd doen wat Hy sê” en “Die Waarheid.” Want wanneer Hy oordeel en oorlog maak, dan doen Hy altyd wat reg is.

12. Sy oë was soos vuurvlamme, en daar was baie krone op sy kop. Daar was ’n Naam geskryf op Hom, niemand het die Naam geken nie, net Hyself het die Naam geken.

13. Hy het klere gedra wat vol bloed was. Sy Naam was “Die Woord van God.”

14. Die leërs van die hemel het agter Hom gery op wit perde. Hulle het mooi klere aangehad, klere wat wit en skoon is.

15. ’n Skerp swaard het gekom uit die mond van die Persoon op die perd. Hy het die mense van die volke doodgeslaan met die swaard. Hy sal hulle met ’n yster-septer regeer. Ja, God wat alles kan doen, is baie kwaad vir hulle. Daarom sal die Persoon op die perd hulle straf. Hy sal hulle straf soos wanneer ’n mens druiwe in ’n parskuip stukkend trap.

16. Daar was ’n Naam geskryf op die Persoon se klere en op sy heup. Die Naam was “Die Koning van die konings en die Here van almal wat regeer.”

17. Toe sien ek ’n engel wat op die son staan. Hy het hard geroep en hy het vir al die voëls wat hoog in die lug vlieg, geskree: “Julle almal moet hiernatoe kom, want God sal vir julle baie kos gee om te eet!

18. Julle mag die lyke van die konings eet, en die lyke van die generaals en die lyke van die belangrike mense, en die dooie perde en die lyke van die soldate wat op die perde gesit het. Ja, julle kan die lyke van al die mense eet, die lyke van die mense wat nie slawe is nie en die lyke van die mense wat slawe is, die lyke van die kinders en die lyke van die grootmense.”

19. En toe sien ek dat die dier en die konings van die aarde en hulle leërs bymekaarkom. Hulle wou oorlog maak teen die Persoon op die wit perd en teen sy leër.

20. Maar die Persoon op die perd het die dier gevang. Die Persoon het ook die vals profeet gevang. Dit was die vals profeet wat tekens gedoen het voor die dier. So het die vals profeet vir die mense dinge laat glo wat nie waar is nie, die mense wat die merk van die dier gekry het en wat die beeld van die dier aanbid het. Maar die Persoon op die wit perd het die dier en die vals profeet in die see van vuur en swael gegooi. Hy het hulle ingegooi terwyl hulle nog lewe.

21. Die Persoon op die wit perd het die ander mense doodgemaak met die swaard wat uit sy mond gekom het. En die voëls het hulle lyke gevreet totdat hulle genoeg gehad het.