hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 1 Bybel vir Almal (ABA)

Hierdie boek is baie belangrik

1. In hierdie boek is die dinge geskryf wat gou moet gebeur. God het vir Jesus Christus gesê Hy moet hierdie dinge vir al sy dienaars sê en wys. Jesus Christus het sy engel na sy dienaar Johannes gestuur om hierdie dinge vir Johannes te sê en te wys.

2. Johannes het alles neergeskryf wat God en Jesus Christus vir hom gesê en gewys het.

3. In hierdie boek is die dinge geskryf wat later sal gebeur. Elkeen wat hierdie boek lees, is ’n gelukkige mens! En almal wat die dinge hoor en wat doen wat in hierdie boek geskryf is, is gelukkige mense! Want die tyd wanneer Christus weer kom, is naby!

Die begin van die brief

4. Ek, Johannes, skryf hierdie brief vir die sewe gemeentes in Asië.Ek groet julle en ek bid dat God en die Sewe Geeste wat voor sy troon is en Jesus Christus genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle sy vrede sal gee. God was altyd daar, Hy is nou daar en Hy sal weer kom.

5. En Jesus Christus is die Getuie, Hy doen altyd wat Hy sê, Hy is die Eerste Een wat dood was en wat weer lewe, Hy regeer oor die konings van die aarde.Jesus Christus is lief vir ons. Hy het gesterf en Hy het ons gered van ons sonde.

6. Hy het gesê God, sy Vader, regeer oor ons, ons is soos die priesters wat vir God werk. Daarom sal ons altyd vir Jesus Christus prys, Hy wat oor alles regeer! Amen.

Jesus Christus kom weer

7. Kyk, Jesus Christus sal weerkom op die wolke,al die mense sal Hom sien,ook die mense wat Homgesteek het met ’n spies.Al die volke op die aarde sal huilen treur wanneer Hy kom.Dit is seker. Amen.

8. Die Here God sê: “Ek is die Alfa en die Omega.” Ja, God was altyd daar, Hy is nou daar en Hy sal weer kom. Hy is die Almagtige!

Johannes het vir Jesus Christus gesien

9. Ek, Johannes, is ’n gelowige soos julle. Ek en julle kry saam swaar, God regeer oor ons almal, en ons is geduldig, soos Jesus geduldig was. Ek was ’n gevangene op die eiland Patmos omdat ek vir mense vertel het wat God en Jesus gesê het.

10. Die Gees het op die dag van die Here in my gekom, en ek het gehoor Iemand praat hard agter my, so hard soos ’n trompet.

11. Hy het gesê: “Ek sal vir jou dinge wys, en jy moet al daardie dinge in ’n boek skryf. Dan moet jy die boek vir die sewe gemeentes stuur, vir die gemeentes in die stede Efese, Smirna, Pergamum, Tiatira, Sardis, Filadelfia en Laodisea.”

12. Ek het omgedraai om te sien wie praat met my. Toe ek omdraai, sien ek sewe goue lampe.

13. Ek het gesien tussen die lampe is daar Iemand wat soos die Seun van die mens gelyk het. Hy het ’n lang bo-kleed gedra, en om sy bors was daar ’n goue belt.

14. Sy kop en sy hare was so wit soos wol, so wit soos sneeu. Sy oë was soos ’n vuurvlam.

15. Sy voete was soos blink koper wat in ’n oond gesmelt het. Sy stem was soos wanneer baie water raas.

16. In sy regter-hand het Hy sewe sterre vasgehou. Daar het ’n swaard uit sy mond gekom, die swaard was baie skerp. Sy gesig het geblink soos wanneer die son baie helder skyn.

17. Toe ek Hom sien, het ek op die grond voor sy voete geval, ek het daar gelê soos iemand wat dood is. Maar Hy het sy regter-hand op my gesit en vir my gesê: “Jy moenie bang wees nie, want Ek is die Eerste en die Laaste,

18. Ek lewe altyd. Ek het gesterf, maar nou lewe Ek! Ja, Ek lewe altyd. Ek het die sleutels om die plek oop te sluit waar die mense is wat gesterf het, Ek kan die mense in die doderyk weer laat lewe.

19. Daarom moet jy die dinge neerskryf wat jy gesien het, die dinge wat nou gebeur en die dinge wat later sal gebeur.

20. Jy het sewe sterre in my regter-hand gesien en sewe lampe. Die sewe lampe beteken sewe gemeentes. Die sewe sterre beteken die sewe engele van die gemeentes.”