hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 20 Bybel vir Almal (ABA)

’n Engel bind die Satan vas, 1 000 jaar lank

1. Toe sien ek ’n engel kom af uit die hemel. Hy het ’n sleutel en ’n groot ketting in sy hand gehad. Hy kon die onderwêreld oopsluit met daardie sleutel.

2. Die engel het die draak gegryp. Die draak is die ou slang, die duiwel, die Satan. Die engel het die draak 1 000 jaar lank vasgebind

3. en hy het hom in die onderwêreld gegooi en hom daar toegesluit, heeltemal toe. Toe kon die draak 1 000 jaar lank nie meer vir die mense van die volke dinge laat glo wat nie waar is nie. Maar ná die 1 000 jaar moet die draak ’n kort tydjie uitkom.

4. Toe het ek trone gesien, en daar het mense op die trone gesit. God het gesê daardie mense mag oordeel. Ek het ook die gelowiges gesien wat dood is, mense het daardie gelowiges se koppe afgekap omdat hulle vir ander mense vertel het van Jesus en van wat God gesê het. Hulle het nie die dier en sy beeld aanbid nie en hulle het ook nie die merk van die dier op hulle voorkoppe of op hulle hande laat maak nie. God het hulle weer laat lewe en hulle het 1 000 jaar lank saam met Christus regeer.

5. Dit is die eerste opstanding. God het nie die ander mense wat dood is, weer laat lewe nie, Hy sal hulle laat lewe nadat die 1 000 jaar verby is.

6. Ja, God sal sy mense weer laat lewe wanneer dit die eerste opstanding is. Daardie mense is gelukkig! Hulle behoort aan God! Die tweede dood kan niks aan hulle doen nie! Hulle sal vir God en vir Christus dien en hulle sal 1 000 jaar lank saam met Christus regeer.

7. Wanneer die 1 000 jaar verby is, dan sal God die Satan laat uitkom uit die tronk waar die Satan was.

8. Die Satan sal uitgaan om vir die mense van al die volke dinge te laat glo wat nie waar is nie. Hy sal die volke, die Gog en Magog, bymekaar laat kom by die vier hoeke van die aarde. Hulle sal so baie wees soos die sand van die see. Hy wil hê hulle moet oorlog maak teen God.

9. Hulle het gekom om oorlog te maak. Daar was baie soldate, hulle was daar so ver soos ’n mens kan sien. Hulle het rondom die kamp van God se mense gegaan en ook rondom die stad van God. God was lief vir hierdie stad. God het vuur uit die hemel laat kom en die vuur het sy vyande doodgebrand.

10. God het die duiwel in die see van vuur en swael gegooi, die duiwel wat die mense dinge laat glo wat nie waar is nie. Die duiwel was toe saam met die dier en die vals profeet in die see van vuur en swael. Daar sal hulle elke dag en elke nag brand en baie seer kry, vir altyd en altyd.

11. Toe sien ek ’n groot wit troon en ek sien vir God wat op die troon sit. Die aarde en die hemel was so bang vir God dat hulle weggehardloop het, ’n mens kon hulle nêrens sien nie.

12. Toe sien ek die mense wat gesterf het, staan voor die troon, al die mense, grootmense en kinders. Iemand het die boeke in die hemel oopgemaak, ook die boek van die lewe. God het gekyk wat in die boeke geskryf is oor wat elke mens gedoen het, en toe het Hy die mense ge-oordeel.

13. Ja, al die mense het weer begin lewe: die mense wat in die see gesterf het, en ook die mense wat gesterf het en wat in die doderyk was. God het gekyk wat hulle gedoen het en Hy het hulle almal ge-oordeel.

14. Toe het God die dood en die doderyk in die see van vuur gegooi. Dit is die tweede dood.

15. As iemand se naam nie in die boek van die lewe geskryf was nie, dan het God hom in die see van vuur gegooi.