hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 21 Bybel vir Almal (ABA)

Jesus ry op ’n donkie in Jerusalem in

1. Jesus en sy dissipels het naby Jerusalem gekom, by die dorpie Betfage op die Olyf-berg. Jesus stuur toe twee van sy dissipels

2. en Hy sê vir hulle: “Gaan na die dorpie hier voor julle, julle sal ’n donkie en haar vulletjie kry. Julle moet die donkie losmaak en hulle na My toe bring.

3. En wanneer iemand vir julle iets daaroor sê, dan moet julle sê: Die Here wil hulle gebruik, maar Hy sal hulle dadelik weer terugstuur.”

4. Dit het alles gebeur sodat dit waar kan word wat die Here gesê het toe Hy die profeet gestuur het.

5. Hy het gesê:“Sê vir Sion: Kyk, jou Koningkom na jou toe.Hy is nederig en Hy ryop ’n donkie,op ’n jong donkie, ’n donkie-vul.”

6. Die twee dissipels het toe gegaan en hulle het gedoen wat Jesus vir hulle gesê het.

7. Die dissipels het die donkie en haar vulletjie gebring en hulle het van hulle klere oor die donkies gegooi. Jesus het op die donkie gaan sit.

8. Daar was baie mense. Hulle het van hulle klere oopgegooi op die pad. Ander mense het takke van bome afgekap en hulle het dit op die pad gegooi.

9. Die groot klomp mense wat voor Jesus geloop het en die ander mense wat Hom gevolg het, het aangehou om hard te skree en te sê:“Prys die Seun van Dawid! Prys die Man wat kom!Die Here het Hom gestuurom sy werk te kom doen! Prys God in die hoogste hemel.”

10. Toe Jesus in Jerusalem kom, het almal in die stad baie opgewonde geword en gevra: “Wie is hierdie man?”

11. En die mense het gesê: “Dit is die profeet Jesus van die stad Nasaret in die provinsie Galilea.”

Jesus jaag die verkopers uit die tempel

12. Jesus het na die tempel-gronde gegaan. Daar was mense besig om goed te koop en te verkoop. Jesus het hulle almal uitgejaag. Hy het die tafels omgegooi van die mense wat die geld omgeruil het en ook die stoele van die mense wat duiwe verkoop het.

13. Jesus het gesê in die Ou Testament is geskryf:“God het gesê: Die mense sal sêmy tempel is ’n plekwaar mense moet bid.Maar julle verander dit, dit is nou ’n plekwaar diewe bymekaarkom.”

14. Blindes en kreupeles het na Jesus toe gekom in die tempel, en Hy het hulle gesond gemaak.

15. Die priesterleiers en die skrifgeleerdes het die wonderlike dinge gesien wat Jesus gedoen het en hulle het gehoor hoe die kinders op die tempel-gronde hard skree en sê: “Prys die Seun van Dawid!”Toe het die priesterleiers en skrifgeleerdes kwaad geword

16. en hulle het vir Jesus gesê: “Hoor jy wat die kinders sê?”Jesus sê toe vir hulle: “Ja. Julle kan dit lees: ‘U laat klein kindertjies oor u krag sing.’ ”

17. Jesus het hulle daar gelos en Hy het uit Jerusalem na die stad Betanië gegaan. Hy het die nag daar gebly.

Jesus vervloek ’n vyeboom

18. Vroeg die volgende oggend het Jesus teruggegaan na Jerusalem en Hy het honger geword.

19. Hy het ’n vyeboom langs die pad gesien en Hy het daarnatoe gegaan. Toe Hy by die boom kom, sien Hy daar is niks vye nie, net blare. Jesus sê toe vir die boom: “Jy sal nooit weer vye dra nie, dit is seker.”En dadelik het die vyeboom doodgegaan.

20. Toe die dissipels dit sien, was hulle verbaas en hulle het gevra: “Hoekom het die vyeboom so skielik doodgegaan?”

21. Jesus het geantwoord: “Ek sê vir julle, en dit is seker: As julle glo en nie twyfel nie, dan sal julle kan doen wat Ek met die vyeboom gedoen het. Julle sal meer kan doen. As julle vir hierdie berg sê: ‘Tel jouself op en gooi jouself in die see,’ dan sal dit gebeur.

22. En as julle glo wanneer julle bid en iets vra, dan sal God dit alles vir julle gee.”

Die mense wil weet wie het gesê Jesus mag hierdie dinge doen

23. Jesus het weer na die tempel-gronde gegaan. Hy was besig om vir die mense te leer, en toe het die priesterleiers en die familieleiers van die volk na Hom toe gekom. Hulle het vir Hom gevra: “Hoekom dink jy dat jy hierdie dinge mag doen? Wie het gesê jy mag dit doen?”

24. Maar Jesus het vir hulle gesê: “Ek sal vir julle ook een vraag vra. As julle vir My antwoord, dan sal Ek vir julle sê wie gesê het Ek mag hierdie dinge doen.

25. Johannes die Doper het mense gedoop. Wie het hom gestuur om dit te doen? Was dit God, of was dit die mense?”Die priesterleiers en die familieleiers het daaroor met mekaar gepraat en gesê: “As ons sê: ‘God het hom gestuur,’ dan sal Jesus vir ons vra: ‘Hoekom het julle nie geglo wat Johannes gesê het nie?’

26. Maar ons is bang die mense sal vir ons kwaad wees as ons sê: ‘Dit was mense wat vir Johannes gestuur het om te doop,’ want almal dink Johannes is ’n profeet.”

27. Daarom het die priesterleiers en die familieleiers vir Jesus gesê: “Ons weet nie.”Toe sê Jesus vir hulle: “Dan sal Ek ook nie vir julle sê wie het vir My gesê Ek mag hierdie dinge doen nie.”

Die gelykenis van die twee seuns

28. Jesus het gesê: “Wat dink julle, wie het reg gedoen? ’n Man het twee kinders gehad. Hy het na die eerste seun toe gegaan en vir hom gesê: ‘Kind, gaan werk vandag in my wingerd.’

29. Die seun het geantwoord: ‘Ek wil nie gaan nie.’ Maar later was hy jammer en hy het gaan werk.

30. Die man het daarna na die tweede seun toe gegaan en dieselfde vir hom gesê. Die seun het geantwoord: ‘Pa, ek sal gaan.’ Maar hy het nie gegaan nie.”

31. Jesus vra toe vir die priesterleiers en die familieleiers: “Watter seun het gedoen wat sy pa wou hê?”Hulle het gesê: “Die eerste seun.”Toe sê Jesus vir hulle: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Die tollenaars en die prostitute sal voor julle ingaan daar waar God Koning is.

32. Want Johannes die Doper het gekom om vir julle te wys hoe God wil hê julle moet lewe, en julle het hom nie geglo nie, maar die tollenaars en die prostitute het hom geglo. En toe julle dit sien, was julle nie later jammer nie, julle het nie vir Johannes geglo nie.”

Die gelykenis van die wingerd

33. Jesus het gesê: “Luister na nog ’n gelykenis. Daar was ’n man wat ’n klomp wingerdstokke op sy grond geplant het. Hy het ’n muur rondom die wingerd gebou en ’n parskuip gereedgemaak. Hy het ook ’n hoë toring gebou waarop iemand kon staan om die wingerd op te pas. Daarna het hy die wingerd verhuur aan ander mense. Toe het hy weggegaan.

34. Toe dit tyd word om die druiwe te pluk, het hy slawe na die mense toe gestuur om die druiwe te gaan haal wat hy moes kry.

35. Die mense het sy slawe gegryp. Hulle het die een slaaf geslaan, hulle het een slaaf doodgeslaan en een slaaf doodgegooi met klippe.

36. Daarna het die eienaar ander slawe gestuur, meer as die eerste klomp slawe. En die mense het dieselfde met hulle gedoen soos met die eerste groep.

37. “Laaste het die eienaar sy seun na hulle toe gestuur, want hy het gedink hulle sal sy seun respekteer.

38. Toe die mense die eienaar se seun sien, het hulle vir mekaar gesê: ‘Hierdie seun sal eendag al die eienaar se goed kry. Kom ons maak hom dood, dan vat ons alles vir onsself.’

39. Hulle het die seun toe gegryp, hom uit die wingerd uitgegooi en hom doodgemaak.

40. Wat dink julle? Wat sal die eienaar van die wingerd met daardie mense doen wanneer hy kom?”

41. Die priesterleiers en die familieleiers sê toe vir Jesus: “Hy sal daardie slegte mense swaar straf. Hy sal hulle doodmaak en hy sal die wingerd vir ander mense gee wat op die regte tyd vir hom die vrugte sal gee wat hy moet kry.”

42. Toe sê Jesus vir hulle: “Het julle hierdie woorde in die Ou Testament gelees:“Die klip wat die bouersnie wou gebruik nie,daardie klip het die belangriksteklip in die hele gebou geword.Dit is die Here se werk,en dit is vir ons wonderlik?

43. “Daarom sê Ek vir julle: Julle sal nie meer daar kan wees waar God Koning is nie, ander mense sal daar wees, mense wat vir Hom die vrugte sal gee wat Hy moet kry.

44. Elkeen wat val oor die klip wat die bouers weggegooi het, sal sy bene breek en sterf. En as daardie klip op iemand val, dan sal die klip hom doodval.”

45. Toe die priesterleiers en die Fariseërs Jesus se gelykenisse hoor, het hulle geweet Hy vertel dit om te wys hulle is soos daardie slegte mense.

46. Hulle het toe probeer om Jesus te laat vang en toe te sluit. Maar hulle was bang vir die mense, want die mense het gedink Jesus is ’n profeet.