hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 19 Bybel vir Almal (ABA)

1. Toe Jesus klaar gepraat het, het Hy weggegaan uit die provinsie Galilea. Hy het oor die Jordaan-rivier gegaan en Hy het toe in die provinsie Judea gekom.

2. Baie mense het saam met Hom gegaan en Hy het hulle daar gesond gemaak.

Getroude mense wat skei

3. Daar het Fariseërs na Jesus toe gekom. Hulle wou hê Jesus moes iets sê wat vir Hom probleme kan gee. Hulle het vir Hom gevra: “Mag ’n man skei van sy vrou as hy dink sy het iets verkeerd gedoen, dit maak nie saak wat dit is nie?”

4. Jesus het hulle geantwoord: “Julle het gelees dat God wat in die begin alles gemaak het, die mense so gemaak het dat hulle mans en vroue is.

5. God het toe gesê:“Daarom sal ’n man weggaanvan sy pa en sy maen hy sal saam metsy vrou lewe.Hulle twee sal sooseen mens wees.

6. “Daarom is hulle nie meer twee mense nie, maar een. As God ’n man en ’n vrou saamgebind het, dan mag hulle nie skei nie.”

7. Die Fariseërs vra toe vir Jesus: “Maar Moses het ’n wet gemaak dat ’n man vir sy vrou ’n skeibrief moet gee wanneer hy van haar skei. Hoekom het hy dit gedoen?”

8. Jesus het hulle geantwoord: “Dit is omdat julle so hardkoppig is. Daarom het Moses gesê julle mag van julle vroue skei. Maar in die begin toe God die mense gemaak het, was dit nie so nie.

9. Ek sê vir julle: As ’n man van sy vrou skei, en met ’n ander vrou trou, dan pleeg hy egbreuk. ’n Man kan net van sy vrou skei as sy seks gehad het met ’n ander man.”

10. Jesus se dissipels sê toe vir Hom: “As dit so is met ’n man en ’n vrou wat met mekaar getroud is, dan is dit beter om nie te trou nie.”

11. Maar Jesus antwoord hulle: “Dit is nie al die mense wat kan verstaan wat Ek gesê het nie, net die mense vir wie God help, kan dit verstaan.

12. Daar is mans wat nie kan trou nie omdat hulle so gebore is. Daar is ook mans wat nie kan trou nie omdat ander mense hulle ontman het. En daar is mans wat nie trou nie sodat hulle kan doen wat God wil hê, God, die Koning wat in die hemel is. Elkeen wat dit kan verstaan, moet dit doen.”

Jesus seën kindertjies

13. Toe het die mense kindertjies na Jesus toe gebring sodat Hy sy hande op hulle kon sit en vir hulle kon bid. Maar die dissipels het met hulle geraas.

14. Jesus sê toe vir hulle: “Laat die kinders na My toe kom en moenie hulle keer nie, want God wat in die hemel is, is Koning oor mense soos hulle.”

15. Jesus het sy hande op die kindertjies gesit en Hy het daar weggegaan.

Geld en rykdom

16. Iemand het na Jesus toe gekom en vir Hom gevra: “Meneer, watter goeie ding moet ek doen om die ewige lewe te kry?”

17. Maar Jesus het vir hom gesê: “Hoekom vra jy vir My wat is goed? Daar is net Een wat goed is, en dit is God. Maar as jy die ewige lewe wil kry, dan moet jy gehoorsaam wees aan God se wette.”

18. Die man sê toe: “Watter wette?”Jesus het vir hom gesê:“Jy mag nie iemand doodmaak nie,jy mag nie egbreuk pleeg nie,jy mag nie steel nie,jy mag nie oor ander menselieg nie,

19. jy moet jou ouers respekteer,”en “jy moet lief wees vir jou naastesoos jy lief is vir jouself.”

20. Die jongman sê toe vir Jesus: “Ek het alles gedoen wat God se wette sê. Wat moet ek nóg doen?”

21. Jesus het vir hom gesê: “As jy waarlik alles wil doen wat God se wette sê, dan moet jy alles gaan verkoop wat jy het en jy moet die geld vir die arm mense gee. As jy dit doen, dan sal jy ryk wees in die hemel. Kom dan hier en gaan saam met My.”

22. Toe die jongman hoor wat Jesus sê, was hy baie hartseer en hy het weggegaan, want hy was baie ryk.

23. Jesus het vir sy dissipels gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Dit sal baie moeilik wees vir ’n ryk mens om in te kom waar God Koning is, God wat in die hemel is.

24. Ek sê dit weer vir julle: ’n Ryk mens sal moeilik inkom waar God Koning is, God wat in die hemel is. ’n Kameel sal makliker deur die oog van ’n naald kan gaan.”

25. Toe die dissipels dit hoor, was hulle verbaas en hulle het gesê: “As dit so is, wie sal dan kan inkom waar God Koning is?”

26. Jesus het lank na hulle gekyk en Hy het vir hulle gesê: “Mense kan nie self inkom nie, maar God kan hulle laat inkom. God kan alles doen wat Hy wil doen.”

27. Petrus het geantwoord en vir Jesus gesê: “Kyk na ons, ons het alles gelos wat ons gehad het en ons gaan saam met U. Wat sal ons kry?”

28. Jesus het vir hulle gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Daar sal ’n dag kom wanneer God die wêreld en alles nuut sal maak, en Ek, die Seun van die mens, sal dan op my troon sit en Ek sal Koning wees. Dan sal julle wat saam met My gaan, op twaalf trone sit en julle sal regeer oor die twaalf stamme van Israel.

29. En elkeen wat sy huis los of sy broers of sy susters of sy pa of sy ma of sy kinders of sy grond waarop hy gewoon het, elkeen wat dit doen omdat hy gehoorsaam is aan My, sal baie meer kry. Hy sal die ewige lewe kry.

30. Baie mense wat nou belangrik is, sal dan onbelangrik wees, en mense wat nou onbelangrik is, sal dan belangrik wees.”