hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 4 Bybel vir Almal (ABA)

Die Satan probeer om Jesus verkeerd te laat doen

1. Die Heilige Gees het daarna vir Jesus na die woestyn geneem sodat die duiwel kon probeer om Jesus verkeerd te laat doen.

2. Jesus het 40 dae en 40 nagte lank niks geëet nie. Hy het toe honger geword.

3. Die duiwel het na Jesus toe gekom en hy het probeer om Jesus verkeerd te laat doen. Die duiwel het vir Jesus gesê: “As Jy die Seun van God is, sê dan vir hierdie klippe hulle moet brode word.”

4. Maar Jesus antwoord hom: “In die Ou Testament is geskryf:“’n Mens lewe nie netvan brood nie.As jy waarlik wil lewe,dan moet jy luisterna elke woord wat God sê.”

5. Daarna het die duiwel vir Jesus saamgeneem na die gewyde stad en hy het Jesus op die hoogste plek by die tempel laat staan.

6. Die duiwel sê toe vir Jesus: “As Jy die Seun van God is, spring dan hier af, want in die Ou Testament is geskryf:“God sal vir sy engele sêhulle moet jou beskerm,en hulle sal jou op hulle hande drasodat jy nie jou voet sal stampteen ’n klip nie.”

7. Jesus sê toe vir die duiwel: “Daar is ook in die Ou Testament geskryf: ‘Jy moenie vir jou God die Here iets vra wat jy nie mag vra nie.’ ”

8. Die duiwel het daarna vir Jesus na ’n baie hoë berg geneem. Hy het vir Hom al die lande van die wêreld gewys en al die mooi dinge in die lande.

9. Die duiwel sê toe vir Jesus: “Ek sal dit alles vir Jou gee as Jy voor my kniel en my aanbid.”

10. Jesus het vir die duiwel gesê: “Gaan weg, Satan, want in die Ou Testament is geskryf:“Jy moet jou God die Here aanbiden net vir Hom dien.”

11. Die duiwel het toe weggegaan van Jesus. Daar het engele gekom en hulle het vir Jesus gesorg.

Jesus begin sy werk in die provinsie Galilea

12. Koning Herodes het vir Johannes die Doper laat vang en hy het Johannes in die tronk toegesluit. Toe Jesus dit hoor, het Hy na die provinsie Galilea gegaan.

13. Jesus het weggegaan van die stad Nasaret waar Hy eers gewoon het. Hy het gaan woon in die stad Kapernaum, by die See van Galilea. Kapernaum was in die deel van die land waar die stamme Sebulon en Naftali voorheen gewoon het.

14. Dit het gebeur sodat dit waar kan word wat die profeet Jesaja gesê het:

15. “Land van Sebulon en Naftali,langs die pad na die Seevan Galilea,naby die Jordaan-rivier,Galilea, land van mensewat nie Jode is nie.

16. Julle is die volk wat indie donker lewe,maar julle het ’n groot lig gesien.Julle wat woon in die skaduweevan die dood,julle het gesien dit word lig.”

17. Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Julle moet nou begin lewe soos God wil hê, want God wat in die hemel is, is Koning oor almal, en van nou af sal almal dit weet.”

Jesus kies vier dissipels

18. Jesus het langs die See van Galilea geloop. Hy sien toe twee broers, Simon en Andreas. Simon se ander naam was Petrus. Hulle was vissermanne en hulle het hulle visnet in die see gegooi.

19. Jesus sê toe vir hulle: “Kom hier, kom saam met My, Ek sal julle lewens verander: Julle sal nog vissermanne wees, maar julle sal nie meer visse vang nie, julle sal mense bymekaarmaak vir God.”

20. Simon en Andreas het dadelik hulle visnette gelos en hulle het saam met Jesus gegaan.

21. Jesus het verder gegaan en toe sien Hy twee ander broers, Jakobus en Johannes. Hulle was die seuns van Sebedeus. Hulle was in die boot saam met hulle pa en hulle was besig om hulle visnette reg te maak. Jesus het hulle geroep om saam met Hom te kom.

22. Hulle het dadelik die boot en hulle pa daar gelos en hulle het saam met Jesus gegaan.

Jesus leer vir die mense, Hy preek vir hulle en maak hulle gesond

23. Jesus het deur die hele provinsie Galilea gegaan. Hy het vir die mense geleer in die sinagoges en vir hulle vertel van die goeie boodskap dat God Koning is oor almal. Hy het ook al die mense gesond gemaak wat siek was.

24. Al die mense in die provinsie Sirië het gehoor wat Jesus gedoen het. Toe het hulle al die siek mense, mense met verskillende soorte pyne, na Hom toe gebring. Daar was ook duiwels in party van die mense, party mense het epileptiese aanvalle gekry, en party mense was verlam. Jesus het hulle gesond gemaak.

25. Baie mense het saam met Jesus gegaan. Hulle het gekom van die provinsie Galilea, van Dekapolis, van Jerusalem, en van die provinsie Judea en van die ander kant van die Jordaan-rivier.