hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 37 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die storm laat my hart bewe,ek skrik en ek ruk.

2. Luister goed na die stem van God,hoor hoe raas en dreun dit!

3. Hy stuur die weerlig oral deur die lug,dit slaan oor die hele aarde.

4. En dan raas en dreun die donderweer,God praat met sy harde stem,en die donderweer hou aan om te raasterwyl Hy, die Koning, praat.

5. God doen wonderlike dingewanneer Hy sy stem laat raas,Hy doen groot dinge,dinge wat ons nie verstaan nie.

6. Hy sê vir die sneeu:‘Val op die aarde!’en Hy sê vir die reën:‘Maak die grond goed nat!’

7. Hy laat al die mense ophou werksodat hulle kan sien wat Hy doen.

8. Die diere gaan lêen hulle bly in hulle lêplek.

9. Die stormwind kom uit die suide,die koue winde kom uit die noorde.

10. Die wind wat God stuur,laat die water vries,dit word een stuk ys.

11. God maak die wolke vol water,die weerlig slaan in die wolke.

12. Die wolke draai om en omwanneer God so besluit,hulle doen wat Hy sê,oral op die aarde.

13. God stuur die stormsom mense te straf of omvir die aarde te sorgof om te doen wat Hybelowe het.

14. Job, jy moet luister nawat ek sê,jy moet stilstaan en dinkoor die wonderwerke van God.

15. Weet jy hoe God dit alles doen?Weet jy hoe Hy die weerlig uit die wolkelaat slaan?

16. Weet jy hoe die wolke bymekaarkom?Dit is God wat hierdie wonderlike dingelaat gebeur,God wat alles weet.

17. Job, jou klere word baie warmwanneer die warm oostewind waai.

18. Jy kan nie die hemeldak maak nie,die hemeldak wat so hard is soos’n spieël van metaal.

19. Wil jy nou vir ons leer wat onsvir God moet sê?Ons weet nie wat om te sê nie,ons is baie dom.

20. Niemand moet vir God sêdat ek wil praat nie.Ek wil nie hê dat Hy my moetlaat sterf nie.

21. Mense kan nie na die son kykwanneer die wind gewaai heten die wolke weg is nie.

22. Wanneer God uit die noorde kom,dan blink alles soos goud,almal word bang vir die ligwat rondom Hom, die Koning, is.

23. Ons kan nie naby die Almagtige kom nie,sy krag is baie groot.Hy doen reg, Hy is altyd regverdig,Hy verdruk niemand nie.

24. Daarom is al die mense bang vir Hom.Hy kyk nie na mense wat dinkdat hulle wysheid het, maar hulle het dit nie.”