hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Dawid vestig hom by die

Filistyne

1. Dawid dink toe by homself: “Eendag sal Saul my nog doodmaak. Dis beter dat ek vlug en by die Filistyne gaan woon. Dan sal Saul ophou om my oral in Israel te soek en ek sal veilig wees.”

2. Dawid en sy 600 man het toe met hulle gesinne in Gat onder beskerming van koning Akis seun van Maok gaan woon.

3. Dawid het hom in Gat gevestig met sy twee vroue, Aginoam van Jisreël en Abigajil, Nabal se weduwee uit Karmel.

4. Saul het verneem dat Dawid na Gat toe gevlug het. Hy het toe opgehou om hom te agtervolg.

5. Na ’n tyd sê Dawid vir Akis: “As dit vir u aanvaarbaar is, laat ons liewer in een van die dorpe woon in plaas van in die koninklike stad.”

6. Akis gee hom toe die dorp Siklag, wat tot vandag aan die konings van Juda behoort.

7. Dawid-hulle het ’n jaar en vier maande daar op die platteland van die Filistyne gewoon.

8. Dawid en sy manne het van tyd tot tyd strooptogte op verskillende groepe uitgevoer en die Gesureërs, die Geseriete en die Amalekiete aangeval. Hulle het nog altyd die gebied van Olam af op pad na Sur in die rigting van Egipte bewoon.

9. Dawid het niemand laat oorbly uit die dorpe wat hy aangeval het nie. Hy het hulle kleinvee, beeste, donkies, kamele en klere gebuit. Dan het hy teruggekeer en na Akis toe gegaan.

10. Wanneer Akis vra: “Waar het jy vandag ’n strooptog uitgevoer?” antwoord Dawid: “In die suidland van Juda,” of: “In die suidland van die Jeragmeëliete,” of: “In die suidland van die Keniete.”

11. Hy het niemand laat bly lewe wat na Gat toe kon kom en vertel waar hy regtig was nie. Dit het keer op keer gebeur terwyl hy tussen die Filistyne gewoon het.

12. Akis het Dawid vertrou en gedink: “Teen hierdie tyd is hy sekerlik in onguns by die Israeliete. Nou sal hy hier moet bly en vir altyd my onderdaan wees.”