hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die verbondsark by die Filistyne

1. Nadat die Filistyne die ark van God afgevat het, het hulle dit vanaf Eben-Haeser na die stad Asdod toe gedra.

2. Hulle het die ark van God na die tempel van Dagon geneem en dit langs die beeld van Dagon neergesit.

3. Toe die Asdodiete die volgende oggend daar kom, het die beeld van Dagon vooroor geval met sy gesig op die grond voor die ark van die Here! Hulle het die beeld weer regop getel.

4. Maar die volgende oggend het die beeld weereens omgeval gelê. Sy gesig was op die grond voor die ark van die Here. Hierdie keer het die kop en hande van die beeld afgebreek en op die drumpel gelê, met net die lyf wat oorgebly het.

5. Dis hoekom die priesters van Dagon of enigeen wat by die tempel van Dagon ingaan, tot vandag toe nie op die drumpel van die tempel van Dagon in Asdod trap nie.

6. Toe begin die Here die mense van Asdod en die omliggende dorpe met ’n plaag van swere tref.

7. Toe die Asdodiete besef wat gebeur, het hulle gesê: “Ons kan die ark van die God van Israel nie meer hier hou nie! Israel se God is teen ons en Hy sal ons en ons god Dagon swaar straf.”

8. Hulle roep toe die leiers van die vyf Filistynse stede bymekaar en vra hulle: “Wat moet ons doen met die ark van die God van Israel?”Die leiers het die saak bespreek en geantwoord: “Neem dit na die stad Gat.” Hulle neem toe die ark van die God van Israel na Gat toe.

9. Daar aangekom, het die Here weer die mense, oud en jonk, met ’n plaag getref. Daar het groot paniek geheers.

10. Vervolgens het hulle die ark van God na die stad Ekron toe gestuur. Maar toe die mense van Ekron dit sien aankom, het hulle uitgeroep: “Hulle bring die ark van die God van Israel hiernatoe om ons ook dood te maak!”

11. Hulle roep toe weer die leiers van die Filistyne bymekaar en pleit by hulle: “Asseblief, stuur die ark van die God van Israel terug na sy eie plek, want dit sal ons almal doodmaak.” ’n Dodelik siekte het alreeds uitgebreek sodat die inwoners van die stad baie bang geword het.

12. Dié wat nie gesterf het nie, is deur die plaag getref. ’n Groot noodkreet het in die stad opgegaan.