hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die seuns van Dawid wat vir hom in Hevron gebore is: die eersgeborene Amnon, by Agino’am uit Yizre’el; die tweede Kalev, by Avigayil, uit Karmel;

2. die derde Avshalom, die seun van Ma’akhah, die dogter van Talmai, koning van G’shur; die vierde Adoniya, die seun van Haggit;

3. die vyfde Sh’fatyah, by Avital; die sesde Yitre’am, by sy vrou `Eglah.

4. Hierdie ses seuns is vir hom in Hevron gebore, waar hy vir sewe jaar en ses maande regeer het en in Yerushalayim het hy drie en dertig jaar lank regeer.

5. Hierdie is die name van die seuns wat vir hom in Yerushalayim gebore is: Shamua, Shovav, Natan, Shlomo,

6. Yivgar, Elishua, Elyada,

7. Elifelet, Nogah, Nefeg,

8. en Elishama.

9. Hierdie was al die seuns van Dawid en Tamar was hulle suster.

10. Die seun van Shlomo was Regav’am; sy seun was Aviyah; sy seun was Asa; sy seun was Y’hoshafat;

11. sy seun was Y’horam; sy seun was Agazyah; sy seun was Yo’ash;

12. sy seun was Amatzyah; sy seun was `Azaryah (`Uziyahu); sy seun was Yotam;

13. sy seun was Agaz; sy seun was Hizkiyahu; sy seun was M’nasheh;

14. sy seun was Amon en sy seun was Yoshiyahu.

15. Die seuns van Yoshiyahu was: sy eersgeborene Yoganan, die tweede Y’hoyakim, die derde Tzidkiyah, die vierde Shallum.

16. Die seuns van Y’hoyakim was: Y’hoyakhi en Tzidkiyah, sy seuns.

17. Die seuns van Y’konyah: Assir, Sh’alti’el, sy seun,

18. Malkiram, P’dayah, Shen’atzar, Y’kamyah, Hoshama en N’davyah.

19. Die seuns van N’davyah was Z’rubavel en Shim’i; die seuns van Z’rubavel was: Meshullam en Hananyah en Shlomit was hulle suster

20. en Hashuvah, Ohel, Berekhyah en Hasadyah.

21. Die seuns van Hananyah: P’latyah en Yesha’yah; sy seun was Refaya; sy seun was Arnan en `Ovadyah, die seun van Yesha’yah.

22. Die seun van Sh’khanyah: Sh’ma’yah en die seuns van Sh’ma’yah: Hattush, Ne’aryah, `Azaryah en Hizkiyah.

23. Die seuns van Ne’aryah: Elyo’einai, Hizkiyah en `Azrikam, drie

24. en ook Hodavyahu, Elyashiv, P’layah, Ya’akov, Yoganan, D’layah en `Anani.