hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die die nageslag van Y’hudah: Peretz, Hetzron, Karmi, Hur en Shoval.

2. Re’ayah, die seun van Shoval, was die vader van Yagat; Yagat was die vader van Agumai en Lahad. Hierdie is die families van Regov’am.

3. Hierdie is die seuns van `Amminadav: Yizre’el, Yishma en Yidbash.

4. P’nu’el en Hoshiyah was die seuns van Hur, die eersgeborene van Efratah, wie se vader van Beit-Legem was.

5. Ashgur, die vader van Tekoa, het twee vroue gehad, ghel’ah en na’arah.

6. Een van hulle het geboorte gegee aan Aguzam, Hefer, Teimni en Agashtari. Dit was die seuns van een van hulle.

7. Die seuns van Hel’ah: Tzeret, Tzogar en Etnan.

8. Kotz was die vader van `Anuv, Tzovevah en die families van Agargel, die seun van Harum.

9. Ya’betz was dierbaar vir sy vader en sy moeder en hom “ons oë” genoem (in Aramees).

10. Hulle het vir hom gesê: “יהוה sal jou sekerlik seën en jou grondgebied vergroot en Sy hand sal by jou wees en jou bevry van boosheid sodat dit geen mag oor jou het nie en aan jou gee dit wat jy van Hom vra.”

11. Kalev, die broer van Ahiyah, was die vader van M’gir, wat die vader was van Eshton.

12. Eshton was die vader van T’ginnah en Rafa was die vader van Paseag; Paseag was die vader van T’ginnah, T’ginnah was die vader van Yazir.

13. Hierdie is die seuns van Kalev, die seun van Y’funneh: die eersgeborene was Elah en die tweede Na’am, die derde was K’naz, die vierde Ashif, die vyfde Ya’mo’el en die sesde was YahrofNum 13:6; Y’ho 14:6

14. Hierdie is die seuns van Kalev, die seun van Y’funneh.

15. Die seuns van `Ezrah was Yeter, Mered, `Efer en Yalon, wat geboorte gegee het aan Miryam, Shammai en Yishbag, die vader van Esht’moa.

16. Sy Y’hudahitiese vrou het geboorte gegee aan: Yered, die vader van G’dor; Hever, die vader van Sokho en Y’kuti’el, die vader van Zanoag.

17. Die seuns van sy vrou, Hodiyah, die suster van Nagam, die vader van Ke’ilah, die Garmiet en Esht’moa, die Ma’akhatiet.

18. Die seuns van Shimon: Amnon, Rinnah, Ben-Hanan en Tilon. Die seuns van Yish’i was Zoget en Ben-Zoget.

19. Die seuns van Shelah, die seun van Y’hudah was `Er, die vader van Lekha, en La’adah, die vader van Mareshah en die families van die huis van die fyn linne wewers, van die huis van Ashbea.

20. Die seuns van sy vrou Hodiyah, die suster van Nagam, die vader van Ke’ilah: Zemri, Esht’moa, Ma’akhat, Eshtmah en Ashimon.

21. Die seuns van Ashimon: Ammon, Domiyah, Zerah en Shelah.

22. Hierdie is die seuns van Y’hudah: N’mu’el, Yamin, Ahar, Yagin, Zahar, Yarib, Zerag en Sha’ul.

23. Hierdie is die seuns van Shelah.

24. Die seuns van Shim’on: Mivsam was sy seun en Mishma was sy seun,

25. Shemati en Hamu’el,

26. Zakkai, sy seun, Shim’i, sy seun.

27. Shim’i het sestien seuns en ses dogters gehad, maar sy broers het nie baie seuns gehad nie en hulle families het ook nie vermenigvuldig totdat die seuns van Y’hudah tussen hulle kom bly het nie.

28. Hulle het by hulle kom bly in die dorpe van Be’er-Sh’va, Moladah en HatzarSha’ul,

29. in Bilhah, `Etzem, Tolad,

30. B’tu’el, Hormah, Hatzar-Gadah, Heshmon, Hetpelet en Ziklag,

31. Marmeranah en Samsalah. Dit was hulle stede tot by die regering van Dawid.

32. Hulle dorpies was: `Eitam, `Ayin, Rimmon, Tokhen en `Ashan, vyf stede

33. en al die dorpies wat in die omtrek van hierdie stede van Arkites was.

34. Hierdie was die stede waarin hulle gebly het en hulle het baie beroemd geword

35. en was in mooi plekke geleë en vrede en rustigheid het rondom hulle geheers.

36. Hierdie is die name van die prinse wat daar, in hulle families, was en in die huis van hulle vaders

37. en hulle het na die ingang van Geder gekom, so ver as die oostekant van die vallei, om weiding vir hulle vee te soek.

38. Hulle het goeie, ryk weiding gevind en die land was wyd en goed en vrede en rustigheid het daar geheers,

39. want hulle wat daar gebly het was die eerste setlaars.

40. Hierdie, wie se name neergeskryf is, het in die tyd van Hizkiyahu, koning van Y’hudah, gekom en hulle tente volkome vernietig

41. en al die fonteine besoedel wat tot vandag toe daar is en in hulle plekke gebly, want daar was goeie weiding vir hulle troppe.

42. Sommige van hulle en sommige van die seuns van Shim’on, vyf honderd man, het opgegaan na die berg Gevel. Hierdie is die name van die manne wat as hulle leiers gegaan het: P’latyah, Ne’eryah, Refayah en Uzi’el, die vier seuns van Yish’i.

43. Hulle het die res van die `Amalekiete verslaan wat ontsnap het en tot vandag toe in hulle plek gaan bly.