hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het gebeur terwyl Dawid in sy huis gebly het, dat Dawid vir die profeet Natan gesê het: “Let op, ék bly in ’n huis wat bedek is met sederhout, maar die ark van die verbond van יהוה rus in ’n tent van bokhaar.”

2. Toe sê Natan vir Dawid: “Gaan en doen alles wat in jou verstand, wil en emosie is.”

3. Dit het gebeur in dieselfde nag dat die woord van יהוה tot Natan, die profeet kom en sê:

4. “Gaan en sê vir Dawid, my dienskneg: “Jy mag nie vir My ’n huis bou om in te bly nie,

5. want ek het nie in ’n huis gebly vanaf die dag dat Ek Yisra’el uit Mitzrayim laat kom het, tot vandag toe, nie, maar Ek het van tent tot tent gegaan.

6. Let op, waar Ek ook al saam met die hele Yisra’el beweeg het, het Ek ooit ’n woord gepraat met een van die heersers van Yisra’el, wat Ek beveel het om My volk, Yisra’el, te lei en gesê: ‘Waarom het jy nie vir My ’n huis gebou wat met seders bedek is nie?’

7. Jy moet daarom nou so aan My dienskneg Dawid sê: ‘So sê יהוה-Tzva’ot: Ek het jou uit die skaapkraal, agter die skape in die veld, gevat om koning te wees oor My volk Yisra’el

8. en Ek was by jou oral waar jy gegaan het en het jou vyande voor jou uitgeroei en Ek het van jou ’n groot naam gemaak, soos die naam van die groot manne wat op die aarde is.

9. Ek sal vir My volk Yisra’el ’n plek vasstel en hulle laat vestig en hulle sal in hul plek bly en nie weer beweeg word nie en die bose manne sal hulle ook nie weer gevange wegvat soos vroeër nie.

10. Vandat Ek jou oor My volk Yisra’el aangestel het, het Ek jou rus gegee van al jou vyande. Verder het יהוה aan jou verklaar dat die koninkryk vir ewig vasgestel is.

11. Dit sal gebeur wanneer jou dae volledig is en jy by jou vaders is, dat Ek jou nageslag sal opwek wat uit jou liggaam kom en hom in jou koninkryk bevestig.

12. Hy sal vir My Naam (Karakter en Outoriteit) ’n huis bou en Ek sal die troon van sy koninkryk vir ewig bevestig.

13. Ék sal sy Vader wees en hy sal My seun wees en Ek sal nie My liefdevolle omgee van hom af wegvat, soos ek dit van Sha’ul af weggevat het, wat voor jou was, nie,Heb 1:2-5

14. maar Ek sal hom ’n heerser maak in My huis en in My koninkryk vir ewig en sy troon sal vir ewig vasgestel word.”

15. Volgens al hierdie woorde en volgens hierdie visioen, so het Natan met Dawid gepraat.

16. Koning Dawid het gekom en in die Teenwoordigheid van יהוה gaan sit en gesê: “Wie is ek in U Teenwoordigheid, יהוה-God en wat is my huis, dat U my tot hierdie verhewe plek gebring het?

17. Tog was dit iets kleins in U oë, o יהוה-God sodat U ook aangaande die huis van U dienskneg gepraat het tot ver in die toekoms, want almal wat U dien met hulle hele verstand, wil en emosie, bring U uit die duisternis in die lig, o יהוה-God!

18. Wat kan Dawid nog roem om in U Teenwoordigheid te praat, want die werke van U dienskneg is bekend, o יהוה-God?

19. U weet wat in die verstand, wil en emosie van U dienskneg is, dat U vir hom al hierdie grootheid gedoen het deur U dienskneg groot te maak;

20. daarom weet ek, o יהוה-God, dat daar niemand is soos U nie en dat daar geen God is behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.

21. Watter ander nasie op aarde is verenig soos U volk, Yisra’el? U het Uself vanaf die hemele openbaar en hulle gered en om hulle ontwil het U groot en wonderbaarlike wonders gedoen en ernstige plae op die Mitzrayiete gebring totdat U hulle onder hulle uitgebring het,

22. want U het U volk Yisra’el U ewige volk gemaak en U, o יהוה, het hulle God geword.

23. Laat daarom nou, o יהוה, die woord wat U aangaande U kneg en sy huis gepraat het, vasgestel word vir ewig en doen soos U gesê het

24. en laat U werke vir ewig bevestig word en U Naam vir ewig in die wêreld opgelig word sodat die mense sal sê: ‘יהוה-Tzva’ot is die God van Yisra’el’ en laat die huis van Dawid, U dienskneg, vir ewig voor U bevestig word,

25. want U, my God, het U geheim aan U dienskneg openbaar en vir hom gesê: ‘Bou vir jouself ’n huis;’ daarom het U dienskneg in sy binneste besluit om hierdie gebed in U Teenwoordigheid te bid.

26. Nou, o יהוה, U is God en al U woorde is waar, waarmee U al hierdie goedheid aan U dienskneg belowe het.

27. Openbaar Uself dan nou deur die huis van U dienskneg te seën, dat dit altyd voor U sal wees, want U, o יהוה, het gepraat en deur U seëning sal al die huise van regverdiges altyd geseënd wees.”