hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die magtige manne van Dawid wat by hom gestaan het in die gevegte en hulle het saam met Dawid na die stad van Ziklag gegaan, toe hy gevlug het voor Sha’ul, die seun van Kish; hulle was tussen die magtige manne wat voor Dawid gestaan het. As Dawid dit sou wou, sou hulle Sha’ul, die seun van Kish doodgemaak het, want hulle was magtige manne van oorlog, maar Dawid wou hulle nie toelaat om Sha’ul dood te maak nie.

2. Hulle het die boog met hulle linkerhand en die swaarde met hulle regterhand vasgehou en hulle boë was vol pyle, maar Dawid was onwillig om Sha’ul dood te maak, want hy was die leier, die prins van die stam van Binyamin.

3. Hierdie is die name van die magtige manne wat by Dawid was: Agi’ezer en sy seun, Yo’ash; Sh’ma’ah, die Giv’atiet; Yo’el vanaf Maksite; Pelet en B’rakhah, die seuns van `Azmawet; Yehu, vanuit `Anatot;

4. Yishma’yah, die Giv’oniet, kaptein oor dertig manne en wat soos hulle almal geveg het; Yirmeyah, Yagzi’el, Yoganan, Yozavad;

5. El’uzai, Yerimot, Ba’alyah, Sh’maryah, Sh’fatyah, Havar;

6. Elkanah, Yihiyahu, `Azar’el, Yashov’am, Asaf;

7. Yo’elah en Z’vadyah, die seuns van Yerogam, vanaf G’dor.

8. Hulle, van die stam van die Gadiete, het hulle afgesonder vir Dawid, om saam met hom na die vesting in die wildernis te gaan; magtige manne, manne van naam en gereed vir die geveg, wat swaard en skild kon hanteer, met gesigte soos die gesigte van leeus en wat vinnig was in die geveg op die berge:

9. `Ezer, die leier van die magtige manne, `Ovadyah, die tweede en Eli’av, die derde;

10. Mishmannah, die vierde en Yirmeyah, die vyfde;

11. `Attai, die sesde en Éli’el, die sewende;

12. Yoganan, die agtste en Elsavad, die negende;

13. Yirmeyah, die tiende en Makhbannai, die elfde.

14. Hulle was uit die seuns van Gad, bevelvoerders van die leër; een van hulle was kaptein oor ’n honderd en die ander oor ’n duisend.

15. Dit is hulle wat deur die Yarden gegaan het in die eerste maand, toe hy al sy banke oorstroom het en die hele leër wat in die vallei gekamp het, laat vlug het, beide na die ooste en na die weste. Hierdie is die getalle van die bevelvoerders van die weermag, wat bymekaargekom het en na Dawid toe gekom het by Hevron om aan hom die koninkryk van Sha’ul te gee sodat die woord van Sh’mu’el, die profeet wat gepraat het op bevel van יהוה, vervul kon word.

16. Daar het sommige van die seuns van Binyamin en Y’hudah in die kamp, na Dawid toe gekom

17. en Dawid het uitgegaan hulle tegemoet en hulle geseën en vir hulle gesê: “As julle met vrede na my toe kom om ons te help, dan sal יהוה aan julle ’n dubbel porsie gee van wat in julle binneste is, maar as julle gekom het om my te verraai en my oor te gee aan my teëstanders, aangesien ek nie teen julle gesondig het nie en daar niks verkeerds aan my hande is nie, weet die God van my vaders dit en sal Hy bestraf, wie ook al van ons verkeerd is.

18. Toe kom die Gees met mag oor `Amasai, die seun van Yatar, leier van die dertig en hy antwoord en sê vir Dawid: “Saam met u, Dawid, saam met u, seun van Yishai, ek is ook saam met u. Vrede, vreugde, vergenoegdheid, voorspoed en gesondheid vir u en vanaf u helpers, want u God is u Helper in elke uur.” Toe het Dawid hulle ontvang en hulle kapteine in die leër gemaak.

19. Sommige van die manne van die stam van M’nasheh het na Dawid toe oorgegaan toe hy saam met die F’lishtyne gekom het om teen Sha’ul te veg, hulle wou nie vir Sha’ul help om teen hom te veg nie, want hulle het hom gehaat, want hulle het ’n geheime ooreenkoms met die prinse van die F’lishtyne aangegaan en gesê: “Laat ons eerste gaan en op ons meester, Sha’ul, val.

20. Terwyl hy na Ziklag gaan, sal ons hom voorlê en lewendig vang.” Hierdie is hulle name: `Adnag, Zavad, Y’dia’el, Mikha’el, Yozavad, Elihu en Tziltai, bevelvoerders oor ’n duisend van die huis van M’nasheh.

21. Hulle het Dawid gehelp toe hy teen die bende rowers was, want hulle was almal dapper magtige manne en bevelvoerders oor die leër en hulle het deur hom gedoen soos hulle wou,

22. want elke dag het hulle in Dawid se teenwoordigheid gekom om kos voor hom te eet, want hy het hulle uitermate liefgehad.

23. Die seuns van Y’hudah wat swaarde en spiese gedra het, was ses duisend agt honderd, magtige soldate;

24. van die seuns van Shim’on, dapper magtige manne vir oorlog, agt duisend sewe honderd;

25. van die seuns van Levi, vier duisend ses honderd.

26. Y’hoyadah was die bevelvoerder van die familie van die Aharoniete en saam met hom was drie duisend sewe honderd;

27. Tzadok, ’n jongman, magtig en dapper, van sy vader se huis en sy broers, twee en twintig offisiere;

28. van die seuns van Binyamin, familie van Sha’ul, drie duisend, want totdat Sha’ul gesterf het, het hulle die huis van Sha’ul bewaak;

29. van die seuns van Efrayim, twintig duisend agt honderd, dapper magtige manne, beroemd regdeur die huise van hulle vaders;

30. van die halwe stam van M’nasheh agttien duisend wat beroemd was en hulle het eerste gekom om Dawid koning te maak;

31. van die seuns van Yissakhar, manne wat in hul tyd insig gehad het, wat goeie en opregte dade voor יהוה gedoen het; hulle leiers was twee honderd en al hulle broers het gedoen wat hulle ook al beveel is;

32. van die stam van Z’vulun, hulle wat gaan veg het, meesters in geveg, met alle oorlogswapens, vyftig duisend, gereed om te veg teen hulle wie se lojaliteit teenoor die koninkryk van Dawid betwyfelbaar was;

33. van die seuns van Naftali, ’n duisend offisiere en saam met hulle sewe en dertig duisend manne met skilde en spiese;

34. van die Daniete, meesters in oorlog, agt en twintig duisend ses honderd;

35. van Asher, wat in die geveg uitgegaan het, dapper soldate, veertig duisend;

36. van oorkant die Yarden af, vanaf die Re’uveniete, die Gadiete en die halwe stam van M’nasheh, honderd en twintig duisend, bewapen met allerhande oorlogswapens.

37. Al hierdie magtige soldate het na die geveg gegaan met ’n perfekte ingesteldheid en het na Hevron gekom om Dawid koning te maak oor die hele Yisra’el; ook al die ander leiers van Yisra’el het met opregtheid gekom om Dawid koning oor Yisra’el te maak.

38. Hulle het daar by Dawid drie dae lank geëet en gedrink, want hulle broers het vir hulle voorberei.

39. Hierdie is die name van die stamme wat vir hulle kos voorsien het, wat naby hulle was:

40. die stamme van Yissakhar, Z’vulun en Naftali het brood gebring op donkies, op kamele, op muile en op beeste; kos van fyn meel, vyekoeke, rosynekoeke, wyn, olie en skape en beeste in oorvloed, want daar was groot blydskap in Yisra’el.