hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het gebeur in die volgende jaar, in die tyd dat die konings uittrek in geveg, dat Yo’av die leërmag gemobiliseer het en teen die land van die seuns van `Ammon kamp opgeslaan en sommige van die stede gevat het; hy het ook gekom en Rabbah, hulle hoofstad, beleër terwyl Dawid in Yerushalayim gebly het. Yo’av het Rabbah verslaan en dit vernietig.

2. Dawid het die kroon van hul koning van sy kop afgehaal en dit geweeg en gevind dat dit ’n talent goud weeg en daar was edelgesteentes in. Dawid het dit op sy kop gesit en het ook baie buit uit die stad gebring.

3. Hy het ook die bevolking wat daarin was, uitgebring en hulle met kettings, slotte en boeie gebind. So het Dawid hulle gebind, asook almal wat in die stede van `Ammon gevind is, maar hy het niemand van hulle doodgemaak nie en hulle gebring en in die stede van Yisra’el gevestig. Toe het Dawid met al die manskappe na Yerushalayim teruggegaan.

4. Na dit het dit gebeur dat daar by Gezer oorlog ontstaan het met die F’lishtyne; toe het Sibkhai, die Hushatiet, vir Saf, doodgemaak wat van die nageslag van die reuse was.

5. Daar was weer oorlog met die F’lishtyne en Elganan, die seun van Ya’ir, het vir Lagmi, die broer van Golyat, die magtige Gittiet, wie se spiessteel soos ’n wewersbalk was, verslaan.

6. Daar was weer oorlog by Gat, waar ’n baie lang man was met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet, vier en twintig; hy was ook die seun van ’n reus.

7. Hy het Yisra’el uitgedaag, maar Y’honatan, die seun van Shim’ah, die broer van Dawid, het hom verslaan.

8. Hierdie vier is vir die reuse in Gat gebore en hulle het geval deur die hand van Dawid en deur die hand van sy diensknegte.