hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die seuns van Yissakhar: Tola, Pu’ah, Yashuv en Shimron, vier.

2. Die seuns van Tola: `Uzi, Refayah, Yeri’el, Yagmai, Yivsam en Sh’mu’el, hoofde van hulle vaders se huise; hierdie was die seuns van Tola. Hulle was dapper manne van krag in hulle familie en hulle geslag, hulle getal in die dae van Dawid was twee en twintig duisend ses honderd.

3. Die seun van `Uzi was Yizragyah; die seuns van Yizragyah: Mikha’el, `Ovadyah, Yo’el en Yishiyah, vyf, almal leiers.

4. By hulle, volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise, was dapper krygsmanne: ses en dertig duisend, want hulle het baie vroue en kinders gehad.

5. Hulle broers, al die families van Yissakhar, was dapper manne van krag: sewe en tagtig duisend is in hulle families getel.Gen 46:21

6. Hierdie is die name van die seuns van Binyamin: Bela, Bekher, Ashbel, Gera, Na’aman, Egi, Rosh, Mupim, Huppim en Ard.

7. Die seuns van Bela: Etzbon, `Uzi, `Uzi’el, Yerimot en `Iri, vyf hoofde van die huise van hulle vaders, dapper manne van krag en hulle is getel volgens families: twee en twintig duisend vier en dertig.

8. Die seuns van Bekher: Z’mirah, Yo’ash, Eli’ezer, Elyo’enai, `Omri, Yeremot, Aviyah, `Anatot en `Alemet; hulle almal was seuns van Bekher.

9. Hulle getal, volgens families in hulle geslagte, hoofde van die huise van hulle vaders, dapper manne, was twee en twintig duisend twee honderd.

10. Die seun van Y’dia’el was Bilhan en die seuns van Bilhan: Ye’ush, Binyamin, Ehud, Kena’anah, Zeitan, Tarshish en Agishagar.

11. Hulle almal was die seuns van Y’dia’el, volgens die hoofde van hulle vaders, dapper manne van krag, sewentien duisend twee honderd soldate, gereed om in die weermag uit te gaan in die geveg;

12. asook Shuppim en Huppim, seuns van `Ir, van die seuns van Hushim.

13. Die seuns van Naftali: Yagtzi’el, Guni, Yetzer, Shallum, die seuns van Bilhah.

14. Die seuns van M’nasheh: Asri’el, wat vanuit sy byvrou gebore is; sy het ook geboorte gegee aan Makhir, die vader van Gil’ad.

15. Makhir het die dogter van ’n prins as vrou gevat, wie se suster se naam, Ma’akhah was. Die naam van sy oudste broer was Tz’lof ’gad. Tz’lof ’gad het geen seuns, maar wel dogters gehad.

16. Ma’akhah, ook die moeder van Makhir, het geboorte gegee aan ’n seun en hom Peresh genoem en die naam van sy broer was Sheresh.

17. Die seun van Ulam was Rekem en die seun van Rekem, B’dan; dit is die seuns van Gil’ad, die seun van Makhir, die seun van M’nasheh.

18. Sy suster Ma’akhah het geboorte gegee aan Ish-Hod, Avi’ezer,

19. Sh’mida, Agyan, Sh’khem en Ani’am.

20. Die seuns van Efrayim: Shutelag, Bered, sy seun, Tagat, sy seun, Ele’adah, sy seun, Agat, sy seun,

21. Savad, sy seun, Shutelag en `Ezer, wat deur die manne van Gat, wat in die land gebore is, doodgemaak is omdat hulle afgegaan het om hulle rykdom weg te vat.

22. Efrayim, hulle vader, het baie dae lank gerou en sy broers het gekom om hom te troos.

23. Hy het by sy vrou ingegaan, sy is bevrug en het geboorte gegee aan ’n seun en sy het hom B’ri’ah genoem, want iets sleg het in sy huis gebeur

24. en haar dogter het uit Onder- en Bo-Beit-Horon ontsnap.

25. Almal wat ontsnap het, is deur haar dogter genees, want sy was ’n vroue dokter en sy het die siekes gesond gemaak.

26. Sy het ook vir Edan, die seun van `Ammihud, genees,

27. van die seuns van Nun, die vader van Y’hoshua.

28. Hulle besitting en blyplekke was: Beit-El en sy dorpies; Shegem en sy dorpies en `Ayah met sy dorpies.

29. By die grense van die seuns van M’nasheh was dit Beit-Sh’an met sy dorpies, Ta’nakh met sy dorpies, Megiddo met sy dorpies en Dor met sy dorpies. In hierdie stede het die seuns van Yosef, die seun van Yisra’el, gebly.

30. Die seuns van Asher was: Yimnah, Yishvah, Yishvi, B’ri’ah en hulle suster, Serag.

31. Die seuns van B’ri’ah was Hever en Malki’el, wat die vader is van Birzayit.

32. Hever was die vader van Yaflet, Shomer, Hotam en hulle suster, Shua.

33. Die seuns van Yaflet was: Pasakh, Bimhal en `Ashwat; dit was die seuns van Yaflet.

34. Die seuns van Shemer was: Agi en Rohgah, Hubah en Aram.

35. Die seuns van sy broer Helem was: Zofag, Yimnah, Shelesh en `Amal.

36. Die seuns van Zofag was: Suag, Harnefer, Shu’al, Beri en Yimrah,

37. Betzer, Hod, Shamma, Shilshah, Yitran en Be’era.

38. Die seuns van Yeter was: Y’funneh, Pispah en Ara.

39. Die seuns van `Ulla was: Arag, Hanni’el en Ritzya.

40. Hulle was almal seuns van Asher, hoofde van die huise van hulle vaders, uitgesoekte dapper, magtiges, hoofde van die prinse, volgens hulle geslagte. Hulle getal is in die weermag getel vir geveg: ses en twintig duisend man.