hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die seuns van Yisra’el, volgens hulle getal, die hoofde van die vaders se huise, die bevelvoerders oor ’n duisend en oor ’n honderd en hulle goewerneurs, wat die koning gedien het in al die sake van die afdelings wat maand vir maand gedurende al die maande van die jaar ingekom en uitgegaan het; elke afdeling was vier en twintig duisend.

2. Oor die eerste afdeling vir die eerste maand was Yashov’am, die seun van Zavdi’el en sy afdeling was vier en twintig duisend.

3. Hy was uit die nageslag van Peretz en was hoof van al die bevelvoerders vir die eerste maand.

4. Oor die afdeling vir die tweede maand was Dodai, die Agogiet; Miklot was die goewerneur van sy afdeling; sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

5. Die derde bevelvoerder van die weermag vir die derde maand was B’nayah, die seun van Y’hoyadah, die hoofpriester; sy afdeling was vier en twintig duisend.

6. Hierdie B’nayah, was magtig onder die dertig en in bevel van die dertig offisiere en in sy afdeling was sy seun, `Ammizavad.

7. Die vierde bevelvoerder vir die vierde maand was `Asah’el, die broer van Yo’av en ná hom sy seun Z’vadyah; sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

8. Die vyfde bevelvoerder vir die vyfde maand was Shamhut, die Yizragiet; sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

9. Die sesde bevelvoerder vir die sesde maand was `Ira, die seun van `Ikkesh, die T’koaïet; sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

10. Die sewende bevelvoerder vir die sewende maand was Heletz, die P’loniet, van die nageslag van Efrayim; sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

11. Die agtste bevelvoerder vir die agtste maand was Sibkhai, die Hushatiet, van die Zargiete; sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

12. Die negende bevelvoerder vir die negende maand was Avi’ezer, die `Anatotiet, van die Binyaminiete; sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

13. Die tiende bevelvoerder vir die tiende maand was Mahrai, die N’tofatiet, van die Zargiete; sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

14. Die elfde bevelvoerder vir die elfde maand was B’nayah, die Pir’atoniet, uit die nageslag van Efrayim; sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

15. Die twaalfde bevelvoerder vir die twaalfde maand was Heldai, die N’tofatiet, vanaf `Otni’el; sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

16. Verder was die volgende oor die stamme van Yisra’el: prins oor die Re’uveniete was Eli’ezer, die seun van Zikhri; oor die Shim’oniete was Sh’fat’yah, die seun van Ma’akhah;

17. oor die Leviete was Hashavyah, die seun van K’mu’el; oor die Aharoniete, Tzadok;

18. oor Y’hudah was Elihu, een van Dawid se broers; oor Yissakhar was `Omri, die seun van Mikha’el;

19. oor Z’vulun was Yishma’yahu, die seun van `Ovadyah; oor Naftali was Yerimot, die seun van `Azri’el;

20. oor die Efrayimiete was Hoshea, die seun van `Azazyahu; oor die halwe stam van M’nasheh was Yo’el, die seun van P’dayah;

21. oor die halwe stam van M’nasheh in Gil’ad was Yiddo, die seun van Z’kharyahu; oor Binyamin was Ya’asi’el, die seun van Avner;

22. oor Dan was `Azar’el, die seun van Yerogam. Hierdie was die prinse van die stamme van Yisra’el.

23. Dawid het hulle van twintig jaar oud en jonger nie getel nie, want יהוה het gesê dat Hy Yisra’el sou vermeerder soos die sterre aan die hemel.

24. Yo’av, die seun van Tz’ruyah, het begin tel, maar nie klaar gemaak nie omdat hieroor ’n toorn oor Yisra’el gekom het en die getal is ook nie opgeneem in die verslag in die Kronieke van koning Dawid nie.

25. `Azmawet, die seun van `Adi’el, was oor die skatte van die koning en oor die skatte in die platteland; in die stede, in die dorpe en in die torings, was Y’honatan, die seun van `Uziyahu.

26. Oor die landbou, vir die ploeg van die grond, was `Ezri, die seun van Kalev.

27. Oor die wingerde was Shim’i, die Ramatiet en oor die opbrengs van die wingerde vir die wynkelders, was Zavdi, die Shifmiet.

28. Oor die olyfbome en die wildevyebome wat in die lae vlaktes was, was Ba’al-Hanan, die G’derahiet en oor die olievoorrade was Yo’ash.

29. Oor die troppe wat in Sharon gewei het, was Shitrai, die Sharoniet en oor die troppe in die valleie was Shafat, die seun van Adlai.

30. Oor die kamele was Ovil, die Yishma’eliet en oor die donkies was Yegd’yahu, die Meronotiet.

31. Oor die kleinvee was Yaziz, die Hagriet. Hulle almal was toesighouers oor die besittings van koning Dawid.

32. Y’honatan, Dawid se vriend waarvoor hy lief was, was ’n raadgewer; ’n man van insig en ’n skrywer en Yegi’el, die seun van Hagmoni, was by die seuns van die koning.

33. Agitofel was die koning se raadgewer en Hushai, die Argiet, was die koning se vriend.

34. Ná Agitofel was Y’hoyadah se seun, B’nayah en Evyatar. Yo’av was die generaal van die koning se weermag.