hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dawid het vir homself versterkte huise gebou in die stad van Dawid en ook ’n plek gebou vir die ark van יהוה en vir die toebehore van die Tabernakel.

2. Toe beveel Dawid die Leviete om die ark van יהוה en die toebehore van die Tabernakel te dra, want יהוה het die Leviete gekies om te bedien, die ark van יהוה te dra en dit te versorg vir altyd.2 Sh'm 6:17

3. Dawid het die hele Yisra’el in Yerushalayim bymekaar laat kom om die ark van יהוה te bring na die plek wat hy daarvoor opgerig het.

4. Dawid het die seuns van Aharon en die Leviete bymekaargemaak:

5. van die seuns van K’hat: Uri’el, die oudste en sy broers, een honderd en twintig,

6. van die seuns van M’rari: `Asayah, die oudste en sy broers, twee honderd en twintig,

7. van die seuns van Gershon: Yo’el, die oudste en sy broers, een honderd en dertig,

8. van die seuns van Elitzafan: Sh’ma’yah, die oudste en sy broers, twee honderd,

9. van die seuns van Hevron: Eli’el, die oudste en sy broers, tagtig,

10. van die seuns van `Uzi’el: `Amminadav, die oudste en sy broers, een honderd en twaalf.

11. Dawid het vir Tzadok en Evyatar, die priesters en die Leviete Uri’el, `Asayah, Yo’el, Sh’ma’yah, Eli’el en `Amminadav laat roep

12. en vir hulle gesê: “Julle is die oudstes van die vaders van die Leviete; sonder julleself af, julle en jul broers sodat julle die ark van יהוה, God van Yisra’el, kan bring na die plek wat daarvoor gebou is

13. sodat יהוה, ons God, ons nie sal doodmaak omdat ons Hom nie gesoek het op die voorgeskrewe wyse nie.”

14. Die priesters en die Leviete het hulleself afgesonder om die ark van יהוה-God van Yisra’el, te bring.

15. Die Leviete het die ark van יהוה op hulle skouers gedra met die pale daaraan vas soos Moshe beveel het, volgens die woord van יהוה.

16. Dawid het met die oudstes van die Leviete gepraat om hulle broers aan te stel as sangers met musiekinstrumente, harpe en simbale, om hulle te laat hoor deur hulle stemme hard op te lig in blydskap.

17. Die Leviete het vir Heman, die seun van Yo’el, aangestel, saam met van sy broers; Asaf, die seun van Berekhyahu, uit die seuns van M’rari en hulle broers; Eitan, die seun van Kishi

18. en saam met hulle hul broers van die tweede orde: Z’kharyahu, die seun van N’ai’el, Ya’azi’el, Eli’av, B’nayahu, Ma’aseiyahu, Mattityahu, Elif ’lehu, Mikneyahu, `Oved-Edom en Ye’i’el, die poortwagters;

19. Hierdie is hulle wat by die hek gestaan en sing het: Heman, Asaf en Eitan.

20. Hierdie is hulle wat die instrumente van koper gespeel het om te bedien tydens die diens: Z’kharyahu, `Azi’el, Yegi’el, `Unni, Eli’av, Ma’aseiyahu en B’nayahu.

21. Hulle wat liedere gesing het is Mattityahu, Mikneyahu, `Oved-Edom, Ye’i’el en `Azazyahu; hulle het met harpe gespeel, elke dag om nege-uur (die derde uur) en om drie-uur (die negende uur).

22. K’nanyahu, oudste van die Leviete, het elke dag onder die afdak gespeel, want hulle het ’n plek vir hom voorberei.

23. Berekhyahu en Élkanah het die ark versorg en voorsien wat ook al daarvoor nodig was.

24. Sh’vanyahu, Yoshafat, N’tan’el, `Amasai, Z’kharyahu, B’nayahu en Eli’ezer, die priesters, het op die trompette geblaas voor die ark van יהוה uit en `Oved-Edom en Yegiyah het die ark bewaak.

25. Dawid, die oudstes van Yisra’el en die bevelvoerders oor duisend het gegaan om die ark van die verbond van יהוה met groot vreugde uit die huis van `Oved-Edom na die stad van Dawid te bring.2 Sh'm 6:13

26. Dit het gebeur toe יהוה die Leviete gehelp het wat die ark gedra het waarin die verbond van יהוה was, dat hulle sewe bulle en sewe ramme geoffer het.2 Sh’m 6:14,20

27. Dawid was aangetrek in klere van fyn linne en ook al die Leviete wat die ark gedra het was in fyn linne aangetrek en Dawid het ’n linne skouerkleed aangehad bo-oor sy linne klere.

28. Dawid en die hele Yisra’el het die ark waarin die verbond van יהוה was, gebring met sang en die klank van reguit en gebuigde trompette en harde gejuig.

29. Dit het gebeur toe die ark waarin die verbond van יהוה was, in die stad van Dawid ingaan, dat Mikhal, die dogter van Sha’ul, by ’n venster uitkyk en sien hoe koning Dawid dans en speel en sy het hom in haar binneste verag.