hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die seuns van Levi: Gershon, K’hat en M’rari.

2. Die seuns van K’hat: `Amram, Yitz’har, Hevron en `Uzi’el.

3. Die seuns van `Amram: Aharon, Moshe en Miryam. Die seuns van Aharon: Nadav, Avihu, El’azar en Itamar.

4. El’azar was die vader van Pingas, Pingas was die vader van Avishua.

5. Avishua was die vader van Bukki. Bukki was die vader van `Uzi.

6. `Uzi was die vader van Z’ragyah. Z’ragyah was die vader van M’rayot.

7. M’rayot was die vader van Amaryah. Amaryah was die vader van Agituv.

8. Agituv was die vader van Tzadok. Tzadok was die vader van Agima’atz.

9. Agima’atz was die vader van `Azaryah. `Azaryah was die vader van Yoganan.

10. Yoganan was die vader van `Azaryah. Dit is hy wat in die priestersamp bedien het in die tempel wat Shlomo in Yerushalayim gebou het.

11. `Azaryah was die vader van Amaryah. Amaryah was die vader van Agituv.

12. Agituv was die vader van Tzadok. Tzadok was die vader van Shallum.

13. Shallum was die vader van Hilkiyahu. Hilkiyahu was die vader van `Azaryah.

14. `Azaryah was die vader van S’rayahu. S’rayahu was die vader van Y’hotzadak.

15. Y’hotzadak is saam in ballinskap weggedra toe יהוה vir Y’hudah en Yerushalayim weggevoer het deur die hand van N’vukhadnetzar.

16. Die seuns van Levi: Gershon, K’hat en M’rari.

17. Dit is die name van die seuns van Gershon: Livni en Shim’i.

18. Die seuns van K’hat: `Amram, Yitz’har, Hevron en `Uzi’el.

19. Die seuns van M’rari: Magli en Mushi. Hierdie is die families van die Leviete volgens hulle vaders:

20. Van Gershon: sy seun Livni, se seun Yagat, se seun Zimmah,

21. se seun Yo’ag, se seun `Iddo, se seun Zerag en se seun Ye’atrai.

22. Die seuns van K’hat: sy seun `Amminadav, se seun Korag, se seun Assir,

23. se seun Elkanah, se seun Evyasaf, se seun Assir,

24. se seun Tagat, se seun Uri’el, se seun `Uziyah en sy seun Sha’ul.

25. Die seuns van Elkanah: Amasai en Agimot.

26. Wat Elkanah, die seun van Elkanah betref: sy seun Tzofai, se seun Nagat,

27. se seun Eli’av, se seun Yerogam en se seun Elkanah.1 Sh’m 8:2

28. Die seuns van Sh’mu’el: Yo’el, die eersgeborene en die tweede Aviyah.

29. Die seuns van M’rari: Magli, se seun Livni, se seun Shim’i, se seun `Uzah,

30. se seun Shim’a, se seun Hagiyah en se seun `Azayah.

31. Hierdie is hulle almal wat Dawid aangestel het om te bedien in die huis van יהוה waar die ark gestaan het.

32. Hulle het met baie sang in die Teenwoordigheid van יהוה, in die Tent van die Vergadering, bedien totdat Shlomo die huis van יהוה in Yerushalayim gebou het en toe het hy hulle in hul dienswerk aangestel volgens hulle orde.

33. Hierdie is die bedienaars en hulle seuns: van die seuns van die K’hatiete, van die familie van die Leviete: Heman en Yo’el, die seun van Sh’mu’el,

34. die seun van Elkanah, die seun van Yerogam, die seun van Eli’el, die seun van Toag,

35. die seun van Tzuf, die seun van Elkanah, die seun van Magat, die seun van `Amasai,

36. die seun van Elkanah, die seun van Yo’el, die seun van `Azaryah, die seun van Tz’fanyah,

37. die seun van Tagat, die seun van Assir, die seun van Evyasaf, die seun van Korag,

38. die seun van Yitz’har, die seun van K’hat, die seun van Levi, die seun van Yisra’el

39. en sy broer Asaf, wat aan die regterhand gestaan het. Asaf, die seun van Berekhyah, die seun van Shim’a,

40. die seun van Mikha’el, die seun van Ba’aseyah, die seun van Malkiyah,

41. die seun van Etni, die seun van Zerag, die seun van `Adayah,

42. die seun van Eitan, die seun van Zimmah, die seun van Shm’i,

43. die seun van Yagat, die seun van Gershom, die seun van Levi.

44. Hulle broers, die seuns van M’rari, het aan die linkerhand gestaan: Eitan, die seun van Kishi, die seun van `Avdi, die seun van Mallukh,

45. die seun van Hashavyah, die seun van Amatzyah, die seun van Hilkiyah,

46. die seun van Amtzi, die seun van Bani, die seun van Shemer,

47. die seun van Magli, die seun van Mushi, die seun van M’rari, die seun van Levi.

48. Hulle broers, die Leviete, is aangestel vir al die dienswerk by die tabernakel van die huis van God,

49. maar Aharon en sy seuns het op die brandofferaltaar en op die wierookaltaar geoffer en is aangestel vir al die werk in die Mees Afgesonderde Plek en om toedekking te doen vir Yisra’el, volgens alles wat Moshe, die dienskneg van God, beveel het.

50. Hierdie is die seuns van Aharon: El’azar was sy seun, Pingas sy seun, Avishua sy seun;

51. Bukki sy seun, `Uzi sy seun, Z’ragyah sy seun,

52. M’rayot sy seun, Amaryah sy seun, Agituv sy seun,

53. Tzadok sy seun, Agima’atz sy seun.

54. Hierdie was die stede wat toegewys was aan die families regdeur hulle grense: aan die seuns van Aharon, die familie van die K’hatiete, (want aan hulle was die eerste lot),

55. aan hulle is gegee: Hevron, in die land Y’hudah en sy gebied rondom,

56. maar al die saaigrond van die stad en sy dorpe rondom, het hulle vir Kalev, die seun van Y’funneh, gegee.

57. Aan die seuns van Aharon het hulle al die stede van ontvlugting gegee en aan die priesters: Hevron met sy dorpies, Livnah met sy dorpies, Yatir met sy dorpies, Esht’moa met sy dorpies,

58. Hilen met sy dorpies, D’vir met sy dorpies,

59. `Ashan met sy dorpies en Beit-Shemes met sy dorpies;

60. van die stam van Binyamin: Geba met sy dorpies, `Alemet met sy dorpies en `Anatot met sy dorpies. Al hulle stede in al hulle families, was dertien stede.

61. Aan die ander seuns van K’hat, wat geërf het uit die stam van M’nasheh, is tien stede gegee.

62. Aan die seuns van Gershom, volgens hulle families, uit die stamme van Yissakhar, uit die stam van Asher, uit die stam van M’nasheh en uit die stam van Naftali in Bashan, is dertien stede gegee.

63. Aan die seuns van M’rari is volgens die lot, volgens hulle families, uit die stam van Re’uven, uit die stam van Gad en uit die stam van Z’vulun, twaalf stede gegee.

64. Die seuns van Yisra’el het aan die Leviete hierdie stede met hulle dorpies gegee

65. en hulle het deur die lot uit die stam van die seuns van Y’hudah en uit die stam van die seuns van Shim’on en uit die stam van die seuns van Binyamin hierdie stede gegee wat genoem is volgens die name van die families van die Kohatiete.

66. Hulle het ook nog ander stede en hulle dorpies uit die stam van Efrayim gehad.

67. Hulle het aan hulle uit die stede van ontvlugting gegee: Sh’khem met sy dorpies, in die Efrayimgebergte, Gezer met sy dorpies,

68. Beit-Horon met sy dorpies,

69. Ayalon met sy dorpies en Gat-Rimmon met sy dorpies.

70. Uit die halwe stam van M’nasheh: `Aner met sy dorpies, Bil’am met sy dorpies; vir die erfenis van die families van die seuns van K’hat.

71. Aan die seuns van Gershom is uit die halwe stam van M’nasheh gegee: Golan in Bashan met sy dorpies en `Ashtarot met sy dorpies;

72. uit die stam van Yissakhar: Kedesh met sy dorpies, Davrat met sy dorpies

73. en `Anem met sy dorpies;

74. uit die stam van Asher: Mashal met sy dorpies, `Avdon met sy dorpies,

75. Hukok met sy dorpies en Regov met sy dorpies;

76. uit die stam van Naftali: Kedesh in die Galil met sy dorpies, Hammon met sy dorpies en Kiryatayim met sy dorpies.

77. Aan die familie van M’rari wat uit die stam van Z’vulun geërf het, is gegee: Rimmono met sy dorpies, Tavor met sy dorpies

78. en oorkant die Yarden by Yerigo, aan die oostekant van die Yarden, is vir hulle gegee uit die stam van Re’uven: Betzer in die wildernis met sy dorpies, Yahatz met sy dorpies,

79. K’demot met sy dorpies en Mefa’at met sy dorpies;

80. uit die stam van Gad: Ramot met sy dorpies, Maganayim met sy dorpies,

81. Heshbon met sy dorpies en Ya’zer met sy dorpies.