hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die hele Yisra’el by Dawid in Hevron bymekaargekom en gesê: “Let op, ons is u vlees en bloed vir altyd.2 Sh’m 5:1,2

2. Verder, in tye wat verby is, selfs toe Sha’ul koning oor ons was, was dit u wat Yisra’el uit- en ingelei het en יהוה, u God, het vir u gesê: ‘Jy moet my volk Yisra’el voed en jy sal heerser wees oor al die stamme van Yisra’el.’”

3. Dit is waarom al die oudstes van Yisra’el na die koning in Hevron gekom het en koning Dawid het met hulle ’n verbond gesluit in Hevron voor die Teenwoordigheid van יהוה en hulle het Dawid as koning oor Yisra’el aangestel. So is die woorde van Sh’mu’el bevestig wat hy in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה gepraat het.

4. Toe het Dawid en die hele Yisra’el na Yerushalayim, wat vroeër Y’vus genoem is, gegaan, waar die Y’vusiete, die inwoners van die land, was.

5. Die inwoners van Y’vus het vir Dawid gesê: “Jy sal hier nie inkom nie.” Nogtans het Dawid al die mense bymekaar gemaak en die stad van Tziyon, wat die stad van Dawid genoem word, ingeneem.

6. Dawid het gesê: “Wie ook al die eerste Y’vusiet doodmaak, sal hoof en bevelvoerder oor die weermag wees.” Toe het Yo’av, die seun van Tz’ruyah, eerste opgegaan en koning Dawid het hom as hoof en bevelvoerder oor die weermag aangestel.

7. Dawid het in die stad van Tziyon gebly; daarom noem hulle dit die stad van Dawid.

8. Dawid het die stad rondom opgebou, selfs vanaf Millo, wat buite is en Dawid het die oostekant van die stad vir die res van die mense in die dorpies gegee.

9. Dawid het kragtiger en kragtiger geword en יהוה-Tzva’ot (van die leërmagte) was by hom.

10. Hierdie was die hoofde van Dawid se magtige manne, wat hulleself saam met hom versterk het in sy koninkryk en hom gehelp het om koning oor die hele Yisra’el gemaak te word, volgens die woord van יהוה wat hy oor die hele Yisra’el gesê het.

11. Hierdie is die getal van die magtige manne van Dawid: gesetel in die eerste rang, hoof oor dertig man, Yashov’am, ’n dapper man; hy het sy spies opgelig en drie honderd in een uur verslaan.

12. Ná hom was El’azar, sy oom se seun, die Agogiet; wat oor drie honderd man was.

13. Hy was saam met Dawid by Pas-Dammim toe die F’lishtyne daar geveg het, waar ’n land van gars was en die mense het voor die F’lishtyne gevlug.

14. Hulle het hulself in die middel van die land opgestel en dit bevry en die F’lishtyne verslaan en יהוה het ’n groot oorwinning gebring.

15. Drie van die dertig bevelvoerders het afgegaan na Dawid, in die grot van `Adullam en die magte van die F’lishtyne was uitgekamp in die vallei van Refa’im.

16. Dawid het toe in ’n tent gebly en die P’listynse garnisoen was in Beit-Legem.

17. Dawid het gesmag en gesê: “Ag, dat iemand vir my water te drinke sal gee uit die groot put van Beit-Legem, wat by die poort van die stad is!”

18. Sodra die drie dit gehoor het, het hulle deur die kamp van die F’lishtyne gebreek en water geskep uit die put van Beit-Legem wat by die poort van die stad was en dit na Dawid toe gebring, maar Dawid wou dit nie drink nie en het dit in die Teenwoordigheid van יהוה uitgegooi

19. en gesê: “יהוה verbied dat ek so iets in die Teenwoordigheid van my God doen, want hierdie manne het gegaan en hulle lewe in gevaar gestel;” daarom wou hy dit nie drink nie. Hierdie dinge het hierdie drie dapper manne gedoen.

20. Avishai, die broer van Yo’av, was hoof van die drie, want hy het sy spies opgelig teen drie honderd en hulle verslaan. Hy was hoogstens geëer en bevorder tot hoof van die drie.

21. Hy was meer eerbaar as die drie en het hulle leier geword en geveg soos dertig.

22. B’nayah, die seun van Y’hoyadah, ’n dapper man uit die provinsie van Kavtze’el, het groot dade gedoen; hy het die twee magtige manne van Mo’av verslaan en hy het ook gegaan en ’n leeu in ’n kuil doodgemaak op ’n sneeuerige dag.

23. Hy het ook ’n Mitzrayiet verslaan, ’n groot man, vyf el lank en in die hand van die Mitzrayiet was ’n spies soos ’n wewersbalk en hy het afgegaan teen hom met ’n staf en die spies uit die hand van die Mitzrayiet gevat en hom met sy eie spies doodgesteek.

24. Hierdie dinge het B’nayah, die seun van Y’hoyadah, gedoen en hy was bekender as die drie magtige manne.

25. Hy is gerespekteer onder die drie magtige manne, want hy het geveg soos drie magtige manne en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag en oor die hoofde van die weermag.

26. Die dapper manne van die weermag was: `Asah’el, die broer van Yo’av, Elganan, sy oom se seun uit Beit-Legem,

27. Shammah, vanaf die heuwel; Heletz, die P’loniet;

28. `Ira, die seun van `Ikesh, vanaf T’koa; Avi’ezer, vanaf `Anatot;

29. M’vunai, die Hushatiet; Tzalmon, die Agogiet;

30. Mahrai, die N’tofatiet; Helev, die seun van Ba’anah, die N’tofatiet;

31. Ittai, die seun van Rivai, uit Giv’ah van die nageslag van Binyamin; B’nayahu, vanaf Pir’aton;

32. Hiddai, vanaf die stroompies van Ga’ash; Avi-`Alvon, die `Arvatiet;

33. `Azmawet, die Bagarumiet; Elyagba, die Sha’alvoniet.

34. Die seuns van Yashen, die Gizoniet; Y’honatan, die seun van Shageh, vanaf die berg Karmel;

35. Agi’am, die seun van Sharar, vanaf die berg Beta; Elifal, die seun van Ur, van Begarton;

36. Hefer, die M’kheratiet; Agiyah, die P’loniet;

37. Hetzrai, die Karmeliet; Na’arai, die seun van Ezbai;

38. Yo’el, die broer van Natan; Mivgar, die seun van Hagri;

39. Tzelek, die `Ammoniet; Nagrai, die Be’erotiet, die wapendraers van Yo’av, die seun van Tz’ruyah;

40. `Ira, die Yitriet; Garev, die Yitriet;

41. Uriyah, die Hittiet; Zavad, die seun van Aglai;

42. `Adina, die seun van Shiza, die Re’uveniet, van die huis van die Re’uveniete en hy was bevelvoerder oor dertig man;

43. Hanan, die seun van Ma’akhah en Yoshafat, die Mitniet;

44. Y’hoshafat, die `Asht’ratiet; Shama en Ye’i’el, die seuns van Hotam, die `Aro’eriet;

45. Y’dia’el, die seun van Shimri en Yoga, sy broer;

46. Amozot, Ana’el, Mogam, Mozel, Rivai en sy seun Ashua; Agma’el en Yatmah, die Mo’aviete;

47. Eli’el, `Oved, Ya’asi’el, Lazi’el en Ashkir.