hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die afdelings van die seuns van Aharon. Die seuns van Aharon was Nadav, Avihu, El’azar en Itamar.

2. Nadav en Avihu het egter in hulle vader se leeftyd gesterf en het geen seuns gehad nie; daarom het El’azar en Itamar die priestersamp bedien.

3. Dawid het hulle ingedeel, beide Tzadok, uit die seuns van El’azar en Agimelekh, uit die seuns van Itamar, volgens hulle ampte in hul diens.

4. Daar is meer hoofde gevind van die seuns van El’azar as van die seuns van Itamar en daarom het hy hulle verdeel: vir die seuns van El’azar sestien hoofde van hul vaders se huise en vir die seuns van Itamar, volgens hulle families, agt.

5. Hy het hul deur die lot verdeel, beide families dieselfde, want hulle was die leierpriesters van die Afgesonderde Plek en outoriteit oor die priesters, beide oor die seuns van El’azar en oor die seuns van Itamar.

6. Sh’ma’yah, die seun van N’tan’el, die skrywer, ’n Leviet, het hulle opgeskryf in die teenwoordigheid van koning Dawid, die oudstes van Yisra’el, Tzadok, die priester en Agimelekh, die seun van Evyatar en die hoofde van die vaders van die priesters en die Leviete; een hoof familie is gegee vir El’azar en een vir Itamar.

7. Die eerste lot het geval vir Y’hoyariv, die tweede vir Y’da’yah,

8. die derde vir Harim, die vierde vir S’orim,

9. die vyfde vir Malkiyah, die sesde vir Miyamin,

10. die sewende vir Hakkotz, die agtste vir Aviyah,

11. die negende vir Yeshua, die tiende vir Sh’kanyahu,

12. die elfde vir Elyashiv, die twaalfde vir Yakim,

13. die dertiende vir Huppah, die veertiende vir Yeshev’av,

14. die vyftiende vir Bilgah, die sestiende vir Immer,

15. die sewentiende vir Hezir, die agttiende vir HaPitzetz,

16. die negentiende vir P’tagyah, die twintigste vir Yegezk’el,

17. die een en twintigste vir Jakhin, die twee en twintigste vir Gamul,

18. die drie en twintigste vir D’layahu en die vier en twintigste vir Ma’azyahu.

19. Hierdie was hulle nommers volgens hulle diens, om in die huis van יהוה in te gaan volgens die instellings, soos voorgeskryf deur die raad van hul vader Aharon, soos יהוה, die God van Yisra’el, hom beveel het.

20. Die res van die seuns van Levi was hierdie: van die seuns van `Amram: Shuva’el; van die seuns van Shuva’el: Yegd’yah.

21. Van die seuns van Regavyahu: Yishiyah, die eersgeborene,

22. dan Zahor en Shlomot; van die seuns van Shlomot: Yagat,

23. Yirmeyahu, Yagzi’el en Y’kam’am.

24. Van die seuns van `Uzi’el: Mikhah; van die seuns van Mikhah: Shamir en Yishiyah.

25. Van die seuns van Yishiyah: Z’kharyahu.

26. Die seuns van M’rari was Magli en Mushi; die seun van Ya’aziyahu: Beno.

27. Die seuns van M’rari deur sy seun Ya’aziyahu was Beno, Shoham, Zakkur en `Ivri.

28. Van Magli: El’azar wat geen seuns gehad het nie.

29. Van Kish, die seun van Kish was Yeragme’el.

30. Ook die seuns van Mushi: Magli, `Eder en Yerimot. Hierdie was die seuns van die Leviete volgens hulle families.

31. Hulle het ook die lot gewerp net soos hulle broers, die seuns van Aharon, in die teenwoordigheid van koning Dawid, Tzadok, Agimelekh en die hoofde van die huise van die vaders van die priesters en van die Leviete en ook die hoof vaders oor hulle jonger broers.