hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 4 Die Boodskap (DB)

’n Dawidspsalm wat met snaarinstrumente begelei word

2. God wat my red, help my asseblief wanneer ek by U hulp kom vra!U sorg altyd vir my. U het in die verlede uitkoms gee.In ’n krisis het U ’n sagte hart.Wees asseblief goed vir my. Luister na my gebed.

3. Julle slegte spul, hoe lank gaan julle my naam nog deur die modder sleep?Hoe lank gaan julle oneerlik wees en aanhou lieg? Maak oop julle oë!

4. Besef dat die Here baie omgee en wonders doen vir mense wat agter Hom aanloop.Hy help my wanneer ek by Hom hulp kom vra.

5. Wanneer jy kwaad word, moenie dan verkeerde dinge doen nie.Gaan lê op jou bed en dink wat jy gedoen het. Word rustig! Bly stil.

6. Dien die Here met oorgawe! Vertrou op Hom.

7. Jy het al baie mense hoor sê: “Wanneer sal dit weer met ons goed gaan?”Help tog, Here! Kyk na ons kant toe.

8. Daar is niks wat my blyer maak as wanneer U my help nie.Ek is blyer daaroor as wat ander bly word oor miljoene rande, oorsese reise of blink motors.

9. As ek in die aand bed toe gaan, kan ek sonder bekommernis aan die slaap raak.En ek raak dadelik aan die slaap, want by U voel ek veilig. U alleen beskerm my.