hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 17 Die Boodskap (DB)

’n Dawidsgebed

1. Here, help my! My saak is regverdig.Ek staan eerlik voor U, sonder vals motiewe.Hoor tog terwyl ek na U roep!Ek is opreg as ek dit vra.

2. Neem asseblief die regte besluite oor my lewe.U weet tog of ek eerlik en opreg is.

3. U wou weet hoe ek optree as ek alleen is; daarom het U gekyk of U op my kan staatmaak. U het my getoets.Maar U kon geen fout vind nie.

4. Oor wat ander doen, bly ek stil. Ek praat nie van mense nie.Ek het net gedoen wat U van my verwag.Ek weet ek doen net wat U wil hê.

5. Ek het net agter U aangeloop.Ek dwaal nie van u pad af nie.

6. Nou roep ek na U, want U sal my mos antwoord, o God!Draai u oor na my toe en luister na wat ek sê.

7. Wys met wat U doen hoe lief U vir my is.Want U red mense wat by U kom wegkruip uit die kloue van ander wat hulle wil seermaak.

8. Pas my op soos die appel van u oog. Laat my by U wegkruip.Daardie mense wil my met geweld vernietig.

9. Hulle hou niks van my nie en storm van alle kante op my af. Hulle wil my dood sien.Hulle voel niks vir niemand.

10. Wanneer hulle praat, hoor jy hoe baie hulle van hulleself dink. Dit straal uit hulle uit.

11. Oral waar ek gaan, loop hulle agter my aan.Van alle kante bekruip hulle my.Hulle wag net vir die regte oomblik om my tot ’n val te bring.

12. Mense wat weier om U te dien is soos ’n spul leeus wat regstaan om hulle prooi uitmekaar te skeur.

13. Staan op, Here! Vat daardie skelm spul vas!Bring hulle tot ’n val.Red my van almal wat niks met U te doen wil hê nie.

14. Red my self van hulle wat nie doen wat U sê nie.Straf hulle soos U reeds besluit het om te doen. Laat hulle in die fleur van hulle lewe doodgaan. Moenie dat hulle kinders en kleinkinders wegstap sonder dat hulle ook gestraf word nie.Laat hulle almal vir hulle sondes betaal.

15. Ek sal na U toe kom, want ek doen wat U sê! Ek is reg.Elke keer wanneer ek sien hoe U by my is, is ek sommer baie bly.