hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 34 Die Boodskap (DB)

2. Ek wil die Here heeltyd prys; ek sal Hom dag en nag met lofliedere loof.

3. Ek sal liedere oor die Here sing om Hom te eer.Almal wat hulp nodig het, sal dit raaksien en saam met my bly wees.

4. Kom, julle, kom maak die Here se Naam saam met my groot. Kom laat ons Hom vereer.

5. In gebed het ek die Here gevra om my te help en Hy het dit gedoen.Hy het my gered van al die dinge wat my lewe bedreig.

6. Mense wat swak is en hulp nodig het, sien dit raak. Hulle gesigte straal van blydskap.As hulle die Here se hand styf vashou, sal Hy hulle nooit teleurstel nie.

7. Kyk maar na my. Ek was swak en hulpeloos.Toe het ek gebid en die Here het my gehelp. Hy het my uit al my krisisse gehelp.

8. Die Here stuur sy engele om mense te beskerm wat Hom dien. Hy verlos hulle wat Hom aanbid.

9. Julle moet self kom ervaar hoe goed die Here is. Jy is baie gelukkig as jy van die Here afhanklik is om jou op te pas.

10. Julle almal wat aan die Here behoort, kom dien Hom.Onthou, die Here voorsien in elke behoefte van mense wat Hom dien.Jy sal niks nodig hê nie.

11. Selfs sterk roofdiere soos leeus met hulle groot krag vang partykeer niks nie.Dan ly hulle honger.Maar as jy van die Here afhanklik is, sal jy niks nodig hê nie. Die Here sal vir jou sorg.

12. Kom, kinders, laat ek julle iets leer! Ek gaan julle wys hoe om die Here te dien.

13. Is daar iemand onder julle wat lief is vir die lewe?Wie wil graag die goeie dinge van die lewe geniet en gelukkig wees?

14. Jy? Pas dan op om nooit verkeerde dinge te sê nie!Moenie oneerlik wees en ander mense met leuens verkul nie.

15. Vermy slegte dinge. Doen net goeie dinge aan ander. Lewe in vrede met mense.

16. Die Here sorg vir almal wat doen wat Hy sê.Hy help hulle wat Hom om hulp vra.

17. Maar die Here ignoreer mense wat kwaad doen. Hy gaan hulle laat verdwyn.Niemand sal ooit weer aan hulle dink nie.Die Here help dié wat Hom liefhet.

18. As hulle Hom om hulp vra, red Hy hulle uit al hulle probleme. Hy hoor as hulle na Hom roep.

19. Die Here is naby mense wat hartseer is; Hy gee mense wat moedeloos is, weer nuwe moed.

20. Al tref duisende rampe mense wat die Here liefhet, Hy sal hulle nooit alleen los nie.Uit elke krisis sal Hy hulle red.

21. Hy beskerm sy kinders tot in die fynste besonderhede.Daar sal nie ’n been in jou liggaam gebreek word sonder dat Hy daarvan weet nie.

22. Maar mense wat weier om die Here te diensal deur hulle slegte dade aan hulle einde kom;hulle wat die Here se kinders sleg behandel, sal met eie munt daarvoor terugbetaal word.

23. Die Here red almal wat Hom dien se lewe.As jy op die Here vertrou om jou op te pas, sal Hy jou nie veroordeel nie.