hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 39 Die Boodskap (DB)

2. Ek het gedink dat ek baie goed moet kyk hoe ek leef,want ek wil nie verkeerde dinge sê en so sonde doen nie.Voordat ek praat, sal ek eers mooi dink wat ek sê.As ek naby ongelowiges is, moet ek nog versigtiger wees as ek praat.

3. Ek het my mond gehou en nie ’n woord gesê nie.Maar toe ek so stilbly sonder om te praat oor die goeie, het my hartseer net al hoe groter geword.

4. Later kon ek dit nie meer uithou nie.Binne-in my het dit soos ’n vuur gebrand.Toe het ek tog gepraat.

5. Ek het vir die Here gevra: Hoe lank sal ek nog leef? Hoe kort gaan my lewe wees?Ek wil weet hoeveel tyd ek nog oorhet! Wanneer kom my einde?

6. Here, U gee my maar ’n kort lewe.In u oë is ’n mens se lewe amper niks. Ons gaan so gou dood.

7. Die mens se lewe is net soos ’n flitslig wat jy aan- en afskakel.Dit skyn ’n kort rukkie, dan gaan dit dood.Die mens hou hom met baie dinge besig. Hy sloof hom af.Hy maak ’n klomp besittings bymekaar. Maar hy weet nie wie dit alles gaan erf nie.

8. Ag Here, wat bly daar nog vir my in hierdie lewe oor? Ek vestig al my hoop op U!

9. Moet my nie straf vir al die verkeerde dinge wat ek gedoen het nie.Moenie dat dié wat dom dinge aanvang met my spot nie.

10. Ek sê nie ’n woord nie.Ek sal doodstil bly, want U het hierdie krisis oor my gebring.

11. Vat dit tog weer weg. Dis vir my verskriklik as U die rug vir my keer. Ek kan nie meer nie.

12. As U mense straf oor hulle sonde, bly daar niks van hulle oor nie.’n Mens leef maar net vir ’n kort tydjie.

13. Help my as ek bid, Here! Hoor tog as ek om hulp smeek!Moet my nie ignoreer as ek huil nie. Ek is by U soos ’n uitlander.Ek voel soos iemand wat nie deel van ’n familie is nie.U moet vir my sorg, anders is dit klaarpraat met my.

14. Hou asseblief op om my te straf.Ek wil graag ’n bietjie vreugde hê voordat ek doodgaan. Dan is ek nie meer hier nie.