hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 33 Die Boodskap (DB)

1. Julle wat reg voor die Here leef, kom prys Hom!Julle wat Hom liefhet, moet lofliedere vir Hom kom sing.

2. Kom prys die Here met julle musiekinstrumente!Sing lofliedere. Vereer Hom met julle instrumente!

3. Kom sing ’n lied met splinternuwe woorde! Juig oor Hom.Eer Hom! Sing en maak musiek uit julle hart uit!

4. Die Here verdien lof, want Hy doen altyd wat Hy sê.Jy kan Hom vertrou, want Hy is betroubaar.

5. Hy hou van mense wat reg lewe.Oral kan mense die Here se groot liefde raaksien.

6. Deur net ’n woord te sê het die Here die blou hemelkoepel gemaak.Al die sterre, planete, mane en sonne het deur sy krag ontstaan.

7. Toe het Hy al die watermassas van die see bymekaargemaak en op een plek bymekaargesit. Hy gaar al die waters op.

8. Daarom moet alles en almal vir Hom respek hê.Elkeen in die wêreld moet eerbied vir God hê.

9. As Hy praat, gebeur groot dinge.Hy gee net ’n bevel, dan verander sy woorde in dade.

10. Die Here krap mense wat Hom nie dien nie se planne heeltemal deurmekaar.Alles wat hulle besluit, laat Hy misluk.

11. Maar dit wat die Here vir sy kinders beplan, sal nooit vernietig word nie.Dit wat Hy vir hulle beplan, geld vir altyd.

12. Mense wat die Here as God aanbid, sal baie gelukkig wees.Hulle is sy kinders. Vir Hom is hulle elkeen baie spesiaal.

13. Daar in die hemel is die Here baie besorg oor al die mense wat Hy gemaak het.Hy sorg vir almal.

14. Vanuit sy blyplek waar Hy as koning heers, gee Hy vir elkeen om.

15. Hy gee aan mense insig en kennis. Hy weet presies wat hulle doen.

16. Dis nie wapens wat die leier van ’n land laat wen nie.Spierkrag help nie veel nie.

17. Dis ook nie militêre krag wat jou bevry nie!

18. Net die Here gee die oorwinning. Hy laat dié mense wen wat Hom eer.Hy sorg vir almal wat op sy liefde vertrou.Elkeen wat van Hom afhanklik is, het Hy baie lief.

19. Hy beskerm jou teen die grootste gevaar, ja, selfs teen die dood.En Hy dra jou deur die grootste probleme.

20. Ons is in alles van die Here afhanklik. Hy help en beskerm ons.

21. Omdat ons op Hom vertrou, maak Hy ons lewe vol met blydskap.Hy is totaal anders as mense.

22. Ons vra dat U ons altyd sal liefhê, Here. Ons kyk elke dag op na U.