hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 37 Die Boodskap (DB)

Vir Dawid

1. Moenie jou energie mors om heeltyd oor slegte mense te praat nie.Moenie loop en kla dat hulle loskom met hulle skelmstreke nie. Moenie op hulle jaloers wees nie.

2. Hulle verdwyn sommer op ’n dag.Vandag is hulle daar; môre is hulle weg.

3. Glo liewer in die Here.Doen goeie dinge vir ander mense. Doen wat jy moet doen, en bly getrou aan die Here.

4. Wees elke oomblik bly dat jy die Here ken. Hy sal sorg dat jy kry wat jy wil hê.

5. Stel jou lewe elke dag in die Here se hand. Vertrou op Hom. Hy sal vir jou sorg.

6. Hy sal jou op die regte pad hou.Die Here sal vir almal wys dat jy reg leef.

7. Buig laag voor die Here. Wag op Hom sonder om veel te sê.Hou op om jou so om te krap oor hoe goed dit met skelms gaan.

8. Moenie kwaad word oor alles wat hulle doen nie.Op die ou end bring dit net vir jou moeilikheid.

9. Slegte mense sal die een of ander tyd verdwyn.Net mense wat in die Here glo, sal dan oorbly. Die land sal aan hulle behoort.

10. Net ’n klein rukkie nog, dan sal daar nie meer mense wees wat niks van God wil weet nie.Jy sal na hulle soek, maar hulle sal weg wees.

11. Maar mense wat nie te veel van hulleself dink nie, sal die hele aarde erf.Hulle sal bly wees oor hoe goed dit met hulle gaan.

12. Slegte mense hou niks van die Here se kinders nie. Hulle probeer dié mense uit die weg ruim.

13. Maar die Here lag vir hulle. Hy weet hulle tyd raak min! Hulle dag kom.

14. Slegte mense wil hulpelose mense en arm mense en mense wat die regte pad loop, doodmaak,

15. maar binnekort is hulle almal dood. Mense wat sonder God leef, sal deur hulle eie toedoen doodgaan. Al hulle wapens sal vernietig word.

16. Dis beter om net ’n paar besittings te hê en die Here lief te hê as om ’n sak vol geld te hê, maar jy glo nie in Hom nie.

17. Onthou: slegte mense sal nie vir altyd baasspeel hier op aarde nie.Die Here weet wat in sy kinders se lewe aangaan. Hy help hulle.

18. Hy sorg altyd vir hulle. Wat hulle geërf het, behou hulle vir altyd.

19. Wanneer almal rondom hulle swaarkry, sal hulle genoeg hê om van te leef. As ander honger ly, sal hulle genoeg hê om hulle versadig te eet.

20. Maar die Here se vyande sal in rook en vlamme vergaan. Mense wat sonder God leef, sal tot niet gaan.

21. Mense wat sonder God leef, leen geld by ander, maar betaal dit nooit terug nie.Goeie mense kry ander mense jammer en help hulle.

22. Mense met wie die Here tevrede is, sal eendag alles op die aarde besit.Maar mense vir wie die Here sy rug keer, sal ondergaan. Hulle sal uitgeroei word.

23. Die Here bepaal wat in die lewe van mense gebeur met wie se optrede Hy tevrede is.Hy laat dit goed gaan met hulle.

24. As hulle op die grond neerslaan, bly hulle nie lê nie.Die Here kom buk by hulle en tel hulle weer op.

25. Ek is nou al oud, maar ek het nog nie gesien dat mense wat reg voor God leef ooit alleen is nie.Nêrens staan gelowiges op straathoeke en bedel nie.Hulle kinders gaan slaap nooit honger nie.

26. Gelowiges gee regtig om vir ander mense. Hulle klou nie aan hulle geld vas nie. Hulle leen geld sonder om rente te hef.Ook met hulle kinders sal dit goed gaan.

27. Moenie die verkeerde doen nie. Doen net goeie dinge,dan sal jy vir altyd naby aan Hom leef.

28. Die Here hou baie van almal wat reg optree.Sulke mense los Hy nooit alleen nie. Hy sal hulle altyd beskerm,maar slegte mense verdwyn soos mis voor die son. Hulle word uitgeroei.

29. Die Here se kinders sal die land kry en vir altyd daarin lewe.

30. Die monde van mense wat reg lewe, praat wyse dinge. Hulle sê die regte dinge.

31. God se wil oorheers hulle lewe;daarom verdwaal hulle nooit in die sonde nie. Hulle slaan nie neer in die gemors nie.

32. Slegte mense probeer goeie mense doodmaak. Hulle soek ’n kans om mense wat reg lewe, by te kom.

33. Maar die Here pas sy kinders op. Hy laat hulle nie in die hand kom van mense wat sonder Hom leef nie. Hy laat nie toe dat hulle skuldig bevind word nie.

34. Hou die Here se hand styf vas; doen net wat Hy sê. Op die regte oomblik sal Hy jou hoog bo al jou probleme uitlig. Hy sal sorg dat reg aan jou geskied wanneer jy voor die hof gedaag is.Jy sal sien hoe die sondaars ondergaan.

35. Ek het al baie keer gesien hoe gewetenlose mense wat sonder God leef met ’n groot lawaai op die toneel verskyn,

36. maar toe ek weer kyk, was hulle weg. Net mooi niks het van hulle oorgebly nie.

37. Maar kyk ’n bietjie na mense wat na die Here luister, mense van vrede.Hulle het ’n toekoms.

38. Mense wat hulle nie aan die Here steur nie, leef in ’n doodloopstraat. Hulle word uitgeroei. Hulle het geen toekoms nie.

39. Maar mense wat reg lewe, word deur die Here gehelp. Hulle skuil by Hom.

40. Hy red hulle as hulle die dag swaarkry.Die Here gee baie vir hulle om.Daarom red Hy hulle wanneer slegte mense hulle wil seermaak.By die Here is daar redding. Altyd!