hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 48 Die Boodskap (DB)

2. Groot is die Here! Hoe geweldig baie beteken Hy nie vir ons nie!Ons wil Hom maar net loof, hier in sy stad op die berg.

3. Hoog teen die berg lê die stad. Dit maak almal op aarde sommer bly.Dit is die stad in die noorde. Daar bly die groot Heerser oor alles.

4. Die stad het sterk mure, maar God is eintlik die Een wat dit regtig beskerm.

5. ’n Klomp konings het kragte teen die stad saamgespan, hulle het bymekaargekom om die stad aan te val.

6. Toe hulle die stad sien, het hulle so groot geskrik dat hulle so vinnig weggehardloop het as wat hulle kon.

7. Hulle was so bang soos ’n vrou net voor sy haar baba in die wêreld bring;

8. ja, net soos mense op skepe wat magteloos in ’n vernietigende storm vernietig word.

9. Ons het hierdie dinge eers gehoor, maar nou het ons dit met ons eie oë gesien.Dit het alles hier in die stad van ons Here, die groot Bevelvoerder, gebeur.Dit is die stad van ons God, wat Hy onbeweeglik vas laat staan, vir altyd.

10. As ons hier in u huis sit, dink ons gedurig aan hoe goed en lojaal U teenoor ons is, o God.

11. Oral in die wêreld weet mense van U, o God.Hulle praat met groot lof van U, want U help op ’n regverdige wyse mense uit hulle nood.

12. Al die mense by u huis moet oorloop van blydskap. Die mense in die omgewing moet opgewonde wees, want U het gedoen wat U besluit het.

13. Loop rondom Jerusalem en bewonder al die pragtige torings

14. en die mooi muur.Kyk net hoe sterk lyk die stad. Dan sal julle vir julle kinders daarvan kan vertel.

15. Hierdie God is ons s’n. Vir altyd en altyd sal Hy ons God bly.Hy sal elke keer vir ons wys waarheen ons moet gaan.