hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 28 Die Boodskap (DB)

Vir Dawid

1. Ek bid ernstig tot U, Here. U beskerm my.Moenie stilbly en my laat voel of ek teen die dak vasbid nie.As U my nie help nie, sal ek so goed soos dood wees.

2. Help my tog as ek by U pleit.Ek het u hulp dringend nodig.Ek lig my hande op na U in u woonplek.

3. Moet my nie laat doodgaan saam met mense wat nie in U glo nie. Hulle doen verkeerde dinge.Hulle is skynheilig. Hulle praat mooi woordjies, maar agteraf dink hulle slegte goed uit.

4. Straf hulle vir die slegte dinge wat hulle aanvang.Laat hulle boet. Betaal hulle met gelyke munt terug vir wat hulle doen.

5. Want hulle sien nie raak wat die Here alles op aarde doen nie. Daarom sal Hy slegte mense se lewe verpletter. Hulle steur hulle nie aan wat Hy doen nie.

6. Kom prys die Here, want Hy het my gehelp toe ek na Hom geroep het.

7. Die Here gee my krag. Hy beskerm my.Ek het op Hom vertrou en Hy het my gehelp.Daarom is ek baie bly.Ek sal ’n lied sing om Hom te prys.

8. Die Here gee sy kinders krag.Hy beskerm en help leiers wat Hom vra om by hulle te wees.

9. Help u kinders, Here.Laat hulle wat aan U behoort, genoeg hê om van te leef.Sorg vir hulle soos ’n herder vir sy skape omgee. Tel hulle op en dra hulle elke dag.