hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 32 Die Boodskap (DB)

Vir Dawid. ’n Gedig om mense te leer hoe om gelukkig te lewe

1. Jy is baie gelukkig as die Here jou al jou verkeerde dade vergewe.Jy is gelukkig as Hy nie meer aan jou slegte dade dink nie.

2. Jy is baie gelukkig as die Here jou nie laat betaal vir jou skuld nie.Jy is ook gelukkig as jy nie skelm is of ander mense probeer te kort doen met geld nie.

3. Toe ek stilgebly het oor my verkeerde dade en dit nie voor die Here bely het nie, het dit baie sleg met my gegaan.Ek het maer geword soos ek die hele dag hard gebid het.

4. Dag en nag het U my aan my sonde herinner.My krag het opgedroog soos waterpoele in die gloeiende hitte van die somerson.

5. Toe het ek my verkeerde dade voor U bely.Ek het nie stilgebly oor die verkeerde dinge wat ek gedoen het nie.Ek het besluit om my slegte dade vir die Here te vertel.U, Here, het dit alles vergewe.

6. Daarom moet almal wat hulle vertroue in U stel, in moeilike tye na U roep.As groot probleme ’n gelowige tref, sal dit niks aan hom doen nie.

7. U beskerm my. U pas my op in elke krisis.U laat my uitroep van vreugde wanneer U my red.

8. Hy het gesê: Ek is soos ’n onderwyser vir jou.Ek vat jou aan die hand om jou op die regte pad te lei.Ek sal jou elke keer die regte raad gee. Ek sal jou oppas.

9. Moenie so dom soos ’n perd of ’n donkie wees nie. Hulle het maar min verstand.Hulle moet met ’n toom en ’n teuel gelei word, anders beteken hulle niks nie.

10. Mense wat die Here nie dien nie, ken baie hartseer. Maar elkeen wat op die Here vertrou, kan op sy groot liefde staatmaak.Die Here sal hom met sy goedheid toevou.

11. Julle almal wat die Here liefhet, wees bly en opgewonde!Juig oor die Here! Juig, julle almal wat opreg is!